关于开展文化产业发展专项资金申报和评审工作的通知
Wikipedia-portale: Musiek · Letterkunde · Sport · Geografie · Geologie · Geskiedenis · Fisika · Chemie · Biologie · Sterrekunde · Krieket · Rugby · Vlae en wapens
![]()
Welkom by Wikipedia se portaal vir sport. Sport is 'n fisieke (byvoorbeeld rugby) of denkspel (byvoorbeeld skaak) wat in kompetisieverband gespeel kan word. Sport kan ook vir ontspanning beoefen word. Alle sporte het re?ls wat nagekom moet word. Die beoefening van sport kan mens aktief en gesond hou, vandaar die slagspreuk: 'n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees.
|
Uitgesoekte artikel
Die T20I-wêreldbeker 2024 (Engels: 2024 ICC Men's T20 World Cup) is van 1 tot 29 Junie 2024 in die Verenigde State en Wes-Indi? beslis. Dit was die negende T20I-wêreldbekertoernooi in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die eerste kriekettoernooi in die Verenigde State ooit, terwyl Wes-Indi? voorheen die 2010-toernooi aangebied het. Daarbenewens was die Verenigde State die eerste medegasheer in die Amerikas buite Wes-Indi?. Die vyf Karibiese eilandstate Antigua en Barbuda, Barbados, St. Lucia, St. Vincent en die Grenadine en Trinidad en Tobago, asook Guyana en die Verenigde State het gesamentlik opgetree as gashere van dié toernooi, meer as by enige ander T20I-wêreldbekertoernooi. Dit was ná die Krieketwêreldbeker 2007 en die T20I-wêreldbeker 2010 die derde vername kriekettoernooi in Wes-Indi?.
Die T20I-wêreldbeker 2024 was die eerste toernooi met 20 deelnemende nasionale krieketspanne, teenoor die 16 van die vorige vier T20I-wêreldbekertoernooie. Die 20 deelnemende nasionale krieketspanne was: Die twee gashere (die Verenigde State en Wes-Indi?), die agt beste spanne van die vorige toernooi (Australi?, Engeland, Indi?, Nederland, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika), saam met die twee naasbeste spanne op die T20I-ranglys soos op 14 November 2022 (Afghanistan en Bangladesj) en die wenners van die kontinentale kwalifiseringstoernooie. In Julie 2023 het Ierland en Skotland die twee Europese plekke bepreek, terwyl Papoea-Nieu-Guinee die Oos-Asiatiese-Stille-Oseaan-plek bespreek het. In Oktober 2023 het Kanada as Amerikaanse kwalifiseerder gevolg en een maand later Nepal en Oman as Asiatiese kwalifiseerders, asook Namibi? en Uganda as Afrikakwalifiseerders. Engeland was die verdedigende wêreldkampioen nadat hulle die T20I-wêreldbeker 2022 gewen het.
Afghanistan, Engeland, Indi? en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Suid-Afrika het Afghanistan geklop en Indi? vir die verdedigende wêreldkampioen Engeland, waardeur Indi? en Suid-Afrika mekaar in die eindstryd ontmoet het. Indi? het Suid-Afrika in die eindstryd op die Kensington-ovaal in Bridgetown, Barbados, met sewe lopies verslaan en sodoende ná 2007 sy tweede T20I-wêreldbekertitel ingepalm, waarmee hulle ná Wes-Indi? in 2016 en Engeland in 2022 die derde span geword het wat die T20I-wêreldbekertrofee vir ’n tweede keer kon wen. Die gashere die Verenigde State en die tweemalige wenner Wes-Indi? is in die Super Agt uitgeskakel. Namibi? is ná een oorwinning en drie nederlae reeds in die eerste rondte uitgeskakel.
Voorbladartikels


Amper klaar
Ander artikels


Amper klaar
Ander artikels
Afghaanse nasionale krieketspan - All Blacks - Fernando Alonso - Argentynse nasionale rugbyspan - Australiese nasionale krieketspan - Bengaalse nasionale krieketspan - Bermudaanse nasionale krieketspan - Britse en Ierse Leeus - Chileense nasionale rugbyspan - Duitse nasionale krieketspan - Duitse nasionale rugbyspan - Engelse nasionale krieketspan - Engelse nasionale rugbyspan - Roger Federer - Fidjiaanse nasionale rugbyspan - Franse nasionale rugbyspan - Pierre Gasly - Georgiese nasionale rugbyspan - Lewis Hamilton - Hongkongse nasionale krieketspan - Ierse nasionale krieketspan - Ierse nasionale rugbyspan - Indiese nasionale krieketspan - Italiaanse nasionale rugbyspan - Japannese nasionale rugbyspan - Kanadese nasionale krieketspan - Kanadese nasionale rugbyspan - Keniaanse nasionale krieketspan - Krieketwêreldbeker 2003 - Krieketwêreldbeker 2007 - Krieketwêreldbeker 2011 - Krieketwêreldbeker 2015 - Krieketwêreldbeker 2019 - Krieketwêreldbeker 2023 - Niki Lauda - Namibiese nasionale krieketspan - Namibiese nasionale rugbyspan - Nederlandse nasionale krieketspan - Nepalese nasionale krieketspan - Nieu-Seelandse nasionale krieketspan - Olimpiese Somerspele 2008 - Olimpiese Somerspele 2012 - Omaanse nasionale krieketspan - Pakistanse nasionale krieketspan - Papoea-Nieu-Guinese nasionale krieketspan - Paralimpiese Somerspele 2008 - Portugese nasionale rugbyspan - Proteas - Roemeense nasionale rugbyspan - Rugby - Rugbywêreldbeker 2003 - Rugbywêreldbeker 2007 - Rugbywêreldbeker 2011 - Rugbywêreldbeker 2015 - Rugbywêreldbeker 2019 - Rugbywêreldbeker 2023 - Samoaanse nasionale rugbyspan - Skaak - Skotse nasionale krieketspan - Skotse nasionale rugbyspan - Spaanse nasionale rugbyspan - Springbokke - Sri Lankaanse nasionale krieketspan - T20I-wêreldbeker 2021 - T20I-wêreldbeker 2022 - T20I-wêreldbeker 2024 - Tafeltennis - Tongaanse nasionale rugbyspan - Ugandese nasionale krieketspan - Uruguaanse nasionale rugbyspan - Verenigde Arabiese Emirate se nasionale krieketspan - Verenigde State se nasionale krieketspan - Verenigde State se nasionale rugbyspan - Wallabies - Walliese nasionale rugbyspan - Wes-Indiese nasionale krieketspan - Zimbabwiese nasionale krieketspan - Zimbabwiese nasionale rugbyspan
Algemeen
Vir elke sportsoort is daar 'n beheerliggaam (op nasionale vlak). Die plaaslike, nasionale en internasionale beheerliggame is verantwoordelik vir al die tegniese vrae en beheer die toernooistelsel. Langs die professionele bestuur is die sportklubs ook streeksgebonde in die plaaslike beheerliggame. Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (SASKOK) is die beheerliggaam van alle sportsoorte van Suid-Afrika en ko?rdineer die verhouding met verskeie internasionale sportfederasies.
Aanhalings
Uitgesoekte span
Die Britse en Ierse Leeus (voorheen bekend as die Britse Eilande en tot in 2001 die Britse Leeus genoem; kort “Leeus”) is ’n rugbyspan saamgestel uit spelers wat vir die nasionale rugbyspanne van Engeland, Ierland, Skotland en Wallis mag speel. Al om die vier jaar onderneem die Leeus ’n weeklange toer afwisselend na Australi?, Nieu-Seeland of Suid-Afrika, die drie groot rugbylande in die Suidelike Halfrond. Op ’n toer word gewoonlik ’n aantal toetswedstryde teen die onderskeidelike nasionale span en wedstryde teen plaaslike keurspanne gespeel.
Gemeensame spanne van die destydse Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland het sedert 1888 toere in die Suidelike Halfrond onderneem. Die eerste toer was ’n suiwer kommersi?le onderneming sonder amptelike goedkeuring deur die beheerliggame. Die ses daaropvolgende toere (voor die Suid-Afrikaanse 1910-toer) het meer en meer goedkeuring deur die nasionale beheerliggame verkry, hoewel net een span spelers uit al die vier lande ingesluit het. Sedert 1910 word die spelers deur ’n komitee met verteenwoordigers uit al die Tuisnasies saamgestel. In 1950 het die span vir die eerste keer uitsluitlik uit internasionaal ervare spelers bestaan.
Gedurende die eerste helfte van die 20ste eeu het die Leeus meestal nie daarin geslaag om ’n toetsreeks te beklink nie. In 1955 het ’n goue tydperk begin, nadat hulle in die toetsreeks teen Suid-Afrika met 2–2 gelykop gespeel het. Hul hoogtepunt het die Leeus gedurende die 1970’s bereik, toe hulle toetsreekse teen Nieu-Seeland en Suid-Afrika beklink het. Ná die professionalisering van rugby in 1995 het die Leeus bly bestaan, maar die toere is as gevolg van die spelers se minder beskikbaarheid aansienlik verkort.
Uitgesoekte sportsoort
Skaak (Persies: ?āh, van Schah, d.i. ?Koning‘ – dus die naam ?die koninklike spel“) is 'n strategiese bordspel vir twee spelers. Die huidige vorm van die spel het in suidelike Europa ontstaan tydens die tweede helfte van die 15de eeu nadat dit ontwikkel het uit soortgelyke en baie ouer spelle met Indiese en Persiese oorsprong. Vandag is skaak een van die gewildste bordspele ter wêreld en word dit deur miljoene mense tuis, in klubs, aanlyn, per pos, en in toernooie gespeel.
Skaak word gespeel op 'n vierkantige bord wat verdeel is in agt rye en agt kolomme, met 64 indiwiduele blokkies wat tradisioneel lig en donker gekleur is. Elke speler het 16 stukke, wat bestaan uit agt pionne, twee torings, twee lopers, twee ruiters, een dame en een koning. Elke stuk skuif op sy eie manier. Die twee kante word onderskei deur kontrasterende kleure. Die doel van die spel is om die koning van die opponent in skaakmat te plaas.
Georganiseerde skaakkompetisies het in die 16de eeu begin en het sedertdien aansienlik ontwikkel. Alhoewel dit nie 'n Olimpiese sport is nie, word skaak wel deur die Internasionale Olimpiese Komitee as 'n sport erken. Die eerste amptelike Wêreldskaakkampioen, Wilhelm Steinitz, het sy titel in 1886 verwerf. Die huidige wêreldkampioen is Magnus Carlsen van Noorwe?. Teoretici het sedert die spel se ontstaan uitgebreide skaakstrategie? en taktiek ontwikkel.
Een van die doelstellings van vroe? rekenaarwetenskaplikes was om 'n skaakprogram te ontwikkel. Hedendaagse skaak word sterk be?nvloed deur die vermo?ns van skaakprogramme en die vermo? om aanlyn teen ander spelers te speel. In 1997 het Deep Blue die eerste rekenaar geword om 'n heersende skaakkampioen te verslaan in 'n wedstryd waarin dit teen Garri Kasparof gewen het.
Die woord skaak kom van die Persiese woord sjah, wat koning beteken. Ook die woord mat is Persies en beteken hulpeloos.
Sportnuus

- Die Britse en Ierse Leeus wen die toetsreeks teen die Wallabies, Australi? se nasionale rugbyspan, met 2–1.
- Itali? en Nederland bespreek die Europese kwalifiseringsplekke vir die T20I-wêreldbeker 2026 in Indi? en Sri Lanka, vir Itali? is dit hul eerste deelname aan ’n wêreldbekertoernooi ooit; Zimbabwe beklink die Afrikabeker 2025 en kwalifiseer vir die Rugbywêreldbeker 2027 in Australi?, hul eerste rugbywêreldbekerdeelname sedert 1991.
- Suid-Afrika verslaan Australi? in die eindstryd van die derde Wêreldtoetskampioenskap met vyf paaltjies.
- Frankryk wen tydens die Sesnasies-toernooi in 2025 sy 27ste titel, terwyl Georgi? tydens die Europese Rugbykampioenskap hul 17de titel inpalm. Daarbenewens kwalifiseer Georgi?, Portugal, Roemeni? en Spanje vir die Rugbywêreldbeker 2027 in Australi?.
- Indi? wen die eindwedstryd van die negende Kampioenetrofeetoernooi teen Nieu-Seeland met vier paaltjies en palm sodoende sy derde titel in. Australi? en Suid-Afrika was die ander twee semi-finaliste.
Uitgesoekte biografie
Lewis Hamilton (gebore in Stevenage, Hertfordshire, Engeland op 7 Januarie 1985) is 'n Britse Formule Een-renjaer. Hy is die wêreldbestuurderskampioen in 2008, 2014, 2015, 2017, 2018, 2019 en 2020 en was van 2013 tot 2024 deel van die Mercedes AMG Petronas F1-span, voorheen met sy spanmaat George Russell. Hy het in Januarie 2025 van span verwissel en by Scuderia Ferrari aangesluit. Sy spanmaat is die 27-jarige Charles Leclerc.
Hamilton het sy debuut as Formule 1-jaer in 2007 gemaak, die jaar waarin hy by die McLarenspan aangesluit het as die span se tweede jaer langs Fernando Alonso. Hy word as een van die beste jaers wat Formule 1 ooit opgelewer het beskou. Hy hou die rekord vir die meeste aantal voorwegspringplekke van alle tye en ewenaar die meeste wedrenne gewen op dieselfde baan (sedert 19 Julie 2020) met agt oorwinnings op die Hungaroring. Op Sondag 11 Oktober 2020 het Lewis Hamilton Schumacher se aantal oorwinnings ge?wenaar. Met 105 oorwinnings het hy die meeste keer 'n Grand Prix gewen nadat hy die Grand Prix van Emilia-Romagna op 1 November 2020 gewen het.
Het u geweet...
...dat die vyf gewildste televisie-uitsendings almal sportprogramme is? Die Olimpiese Somerspele, Sokker-Wêreldbekertoernooie, Krieketwêreldbekertoernooie, Rugbywêreldbekertoernooie en Formule Een is die vyf programme wat die grootste kykertalle lok.
...dat ’n groot aantal immigrante uit Cornwall in myne in Suid-Afrika kom werk het? Die tinmyners het op die goudmyne in die ZAR gewerk en onder andere 'n rol gespeel in die vestiging van rugby as ’n sport in Suid-Afrika.
...dat die Namibi?r Rudie van Vuuren die eerste (en enigste) man is wat in dieselfde jaar in twee sportsoorte, krieket en rugby, aan ’n wêreldbekertoernooi deelgeneem het? Hy het sy land tydens beide die Krieketwêreldbeker 2003 en die Rugbywêreldbeker 2003 verteenwoordig.
...dat die doelhok in sokker 2,44 meter hoog en 7,32 meter wyd is?
...dat daar in toetskrieket sedert 1877 slegs twee gelykopuitslae was en die Australiese nasionale span in albei gespeel het?
Uitgesoekte beeld
Sport in hierdie jaar


Sport in 2025 – van die hoogtepunte sluit in die Kampioenetrofee 2025, die Wêreldtoetskampioenskap-eindstryd, die Britse en Ierse Leeus se Australiese toer, die Vrouerugbywêreldbeker 2025, die Vrouekrieketwêreldbeker 2025, die T20I-wêreldbeker 2026-kwalifisering en die Rugbywêreldbeker 2027-kwalifisering.
- 31 Januarie–15 Maart – Frankryk wen tydens die Sesnasies-toernooi sy 27ste titel, terwyl Georgi? tydens die Europese Rugbykampioenskap hul 17de titel inpalm. Daarbenewens kwalifiseer Georgi?, Portugal, Roemeni? en Spanje vir die Rugbywêreldbeker 2027 in Australi?.
- 2 Februarie – Indi? wen die eindstryd van die o/19-T20I-vrouewêreldbeker teen Suid-Afrika met nege paaltjies en palm sodoende sy tweede agtereenvolgende titel in. Australi? en Engeland was die ander twee semi-finaliste.
- 19 Februarie–9 Maart – Indi? wen die eindwedstryd van die negende Kampioenetrofeetoernooi teen Nieu-Seeland met vier paaltjies en palm sodoende sy derde titel in. Australi? en Suid-Afrika was die ander twee semi-finaliste.
- 11–14 Junie – Suid-Afrika verslaan Australi? met vyf paaltjies in die eindstryd van die derde Wêreldtoetskampioenskap op Lord’s in Londen.
- 13 Junie–5 Julie – Hongkong beklink die Asiatiese Rugbybeker en kwalifiseer vir die eerste keer vir 'n rugbywêreldbekertoernooi, waarmee hulle die tweede Asiatiese span word wat aan die Rugbywêreldbeker 2027 sal deelneem.
- 15–22 Junie – Kanada bespreek die Amerikaanse plek vir die T20I-wêreldbeker 2026 in Indi? en Sri Lanka, hul tweede agtereenvolgende T20I-wêreldbekerdeelname.
- 28 Junie–2 Augustus – Die Britse en Ierse Leeus wen die toetsreeks teen die Wallabies, Australi? se nasionale rugbyspan, met 2–1.
- 29 Junie–19 Julie – Die Junior Bokke klop in die Wêreldrugby o/20-kampioenskap-eindstryd die Junior All Blacks en wen sodoende hul tweede titel.
- 5–11 Julie – Itali? en Nederland bespreek die Europese kwalifiseringsplekke vir die T20I-wêreldbeker 2026, vir Itali? is dit hul eerste deelname aan ’n krieket- of T20I-wêreldbekertoernooi ooit.
- 8–19 Julie – Zimbabwe klop in die Afrikabekereindstryd Namibi? en kwalifiseer daarmee vir die Rugbywêreldbeker 2027, hul eerste rugbywêreldbekerdeelname sedert 1991.
- 19 Julie–6 September – Die Suid-Amerikaanse kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 2027 word tussen Brasili?, Chili, Paraguay en Uruguay beslis.
- 16 Augustus–4 Oktober – Die Rugbykampioenskapreeks word tussen Argentini?, Australi?, Nieu-Seeland en Suid-Afrika beslis.
- 22 Augustus–27 September – Die Vrouerugbywêreldbeker word in Engeland aangebied.
- 23 Augustus–20 September – Die Stille Oseaan-nasiesbeker word tussen Fidji, Japan, Kanada, Samoa, Tonga en die Verenigde State beslis; dié toernooi vorm deel van die Rugbywêreldbeker 2027-kwalifisering.
- 26 September–4 Oktober – Die Afrikakwalifisering vir die T20I-wêreldbeker 2026 word in Zimbabwe beslis.
- 30 September–2 November – Die Vrouekrieketwêreldbeker word in Indi? beslis.
- 8–17 Oktober – Die Asi?/Oos-Asi?-Oseani?-kwalifisering vir die T20I-wêreldbeker 2026 word in Oman beslis.
- 8–18 November – Die internasionale uitspeelrondte om die laaste Rugbywêreldbeker 2027-kwalifiseringsplek word in Doebai beslis.
Sport volgens jaar
2000 •
2001 •
2002 •
2003 •
2004
2005 •
2006 •
2007 •
2008 •
2009
2010 •
2011 •
2012 •
2013 •
2014
2015 •
2016 •
2017 •
2018 •
2019
2020 •
2021 •
2022 •
2023 •
2024
2025 •
2026 •
2027 •
2028 •
2029
Verwante portale
Kategorie?
Ontdek...
Armdruk •
Atletiek •
Padwedloop •
Basketbal •
Bofbal •
Boks •
Ysskaats •
Boogskiet •
Driekamp •
Duik •
Fietsry •
Ballet •
Gewigoptel •
Gesinchroniseerde swem •
Gholf •
Gimnastiek •
Handbal •
Hokkie •
Jag •
Judo •
Kanovaart •
Karate •
Kegelbal •
Krieket •
Motorsport •
Muurbal •
Netbal •
Pluimbal •
Roei •
Rolbal •
Rolstoelrugby •
Rugby •
Ruitersport •
Sagtebal •
Seil •
Skaak •
Skerm •
Ski •
Skyfskiet •
Sneeuplankry •
Sokker •
Stoei •
Swem •
Tafeltennis •
Taekwondo •
Tennis •
Vlugbal •
Waterpolo