一厢情愿是什么意思| 碧玺是什么材质| 什么是激素| 食管在什么位置图片| 送枕头代表什么意思| 看见乌鸦有什么预兆| 一蹴而就什么意思| 什么而去| sheen是什么牌子的手表| 三什么道中| otc是什么药| 行李为什么叫行李| 人心是什么意思| 12月10号是什么星座| 月经调理吃什么好| 大面积杀跳蚤用什么药| 老油条什么意思| 里急后重吃什么药最好| 开除党籍有什么影响| 湿疹用什么药膏好| 三聚磷酸钠是什么东西| 没落是什么意思| 芒果过敏用什么药| 全血低切相对指数偏高什么意思| 中国地图像什么| 梦见烧火做饭是什么意思| 杨利伟什么军衔| 穷奢极欲什么意思| 1954年出生属什么| 普通门诊和专家门诊有什么区别| 本性难移是什么生肖| p和t分别是什么意思| 金骏眉属于什么茶| reebok是什么牌子| 没吃多少东西但肚子很胀是什么| 专科什么意思| 职别是什么意思| 滴虫病女性有什么症状| 怀孕第一个月有什么症状| 大便干燥吃什么药| 脊髓空洞症是什么病| 甲状腺功能三项查什么| 起早贪黑是什么生肖| 牙齿遇热就疼什么原因| 扁平疣吃什么药| 点痣后需要注意什么事项| 福生无量天尊什么意思| 火龙果什么时候吃最好| 屎壳郎吃什么| 至死不渝什么意思| 太阴是什么意思| 脚掉皮是什么原因| 抽烟对女生有什么危害| 姜黄是什么东西| 什么飞什么舞| 矢的意思是什么| 经络是什么意思| 作业是什么意思| 吃什么可以去湿气| 复合维生素b片主治什么病| 小狗拉稀吃什么药| 左眼跳是什么原因| 胃痛吃什么药效果最好| 吃东西感觉口苦是什么原因| 上午八点是什么时辰| 酵素什么牌子好| 阴囊湿疹是什么原因造成的| 方方土是什么字| 治疗幽门螺旋杆菌用什么药| 白砂糖和冰糖有什么区别| 月经期间吃西瓜有什么影响| 总是嗳气是什么原因| 爱到极致是什么| 农历12月18日是什么星座| 梅花什么时候开| 凯旋归来是什么意思| 浆细胞肿瘤是什么病| 痣长在什么地方不好| 红色玫瑰花代表什么意思| 印是什么意思| 画地为牢下一句是什么| 九里香什么时候开花| 夏天什么时候结束| 一什么西瓜| 关羽的马叫什么名字| 紫苏有什么作用| 浮粉是什么原因引起的| u型枕有什么作用| bj是什么意思| 精虫上脑什么意思| 碳14和碳13有什么区别| 魏丑夫和芈月什么关系| 间歇性跛行见于什么病| 脖子长疣是什么原因| 大头菜又叫什么菜| 辅酶是什么| 翻墙是什么| 肌肉萎缩是什么症状| 为什么水不会燃烧| 月球上有什么| trab是甲状腺什么指标| 手黄是什么原因| 做梦梦见别人怀孕是什么意思| 六月初一有什么讲究| 打狂犬疫苗不能吃什么食物| 尿酸高能吃什么肉| 男性尿道感染吃什么药| 尿路感染为什么会尿血| 脚为什么会痒越抓越痒| 电压高是什么原因造成| 检察院是干什么的| 火龙果是什么季节的水果| 史无前例是什么意思| 为什么吃完饭就想拉屎| 下巴下面长痘痘是什么原因| 珎是什么意思| 武汉属于什么地区| 丁亥年五行属什么| 缢死是什么意思| 头晕出虚汗是什么原因引起的| 三个龙读什么| 烫伤起泡用什么药膏| 心脏长在什么位置| 孕妇梦见别人怀孕是什么意思| 哦是什么意思在聊天时| 经常流鼻血是什么原因| 知恩图报是什么意思| 发际线长痘痘是什么原因| 频繁是什么意思| 北京佑安医院擅长什么| 浛是什么意思| 许莫氏结节是什么| 闷骚男是什么意思| 司空见惯是什么意思| 战国时期是什么时候| 什么的孩子| 钓鲈鱼用什么饵最好| 草木皆兵什么意思| 粘米粉可以做什么好吃的| 1.4是什么星座| 染指什么意思| 9月18日是什么日子| span是什么意思| 桂圆和龙眼有什么区别| 腥是什么意思| 女性去泰国要注意什么| 前置是什么意思| 鼻窦粘膜增厚什么意思| 借记卡是什么卡| 月子期间可以吃什么水果| 脾胃虚寒吃什么药| 尿结晶是什么意思| 撸管是什么| 窦骁父母是干什么的| 尿酸低吃什么| 加盟资质需要什么条件| 团长是什么军衔| 胃溃疡是什么原因导致的| 姑姑的儿子叫什么| 尿道疼是什么原因| 小鹦鹉吃什么食物| 98年属相是什么| 水油是什么| 一六年属什么生肖| 肚子疼吃什么药| bpo是什么意思啊| 强的松又叫什么名字| 美商是什么意思| 已是什么意思| 儿童贫血吃什么补血最快| 蛋白酶是什么东西| 为什么兔子的眼睛是红色的| 陇是什么意思| 肠炎吃什么好| 睡眠障碍应该挂什么科室| 阴道感染有什么症状| 梦见栽树是什么意思| 6月16是什么星座| 吃什么可以提高血小板| 右下腹有什么器官| 红花跟藏红花有什么区别| 胃痉挛有什么症状表现| 火耗归公是什么意思| 2028是什么年| 吃什么药可以延长性功能| 人流是什么意思| 人中龙凤是什么意思| 乳头大是什么原因| 维c有什么功效和作用| 脸红什么| 乐可是什么| 利湿是什么意思| 水变成冰为什么体积变大| 胰腺ca是什么意思| 花甲是什么| 什么是水肿| 叶酸片是治什么的| 炼奶是什么| 手指关节疼痛是什么原因| 尿检3个加号什么意思| 锖色是什么颜色| 死心眼什么意思| 抗hbc阳性是什么意思| 扌字旁的字和什么有关| 手上月牙代表什么| 普萘洛尔是什么药| 贻笑大方是什么意思| 化生细胞有是什么意思| serum是什么意思| 磨盘有什么风水说法| 船舷是什么意思| 检查淋巴挂什么科| 下午头晕是什么原因引起的| 竖心旁的字和什么有关| 羊肉配什么菜好吃| 什么是乳腺增生| 男性全身皮肤瘙痒是什么原因| 菊花脑是什么菜| 2002年五行属什么命| 高糖是什么| 猪展是什么| 匹诺曹什么意思| 头痛眼睛痛什么原因引起的| 发腮是什么意思| 双歧杆菌三联和四联有什么区别| 地面铺什么最环保| 调和油是什么油| 榴莲有什么营养价值| 79属什么生肖| 栀子有什么作用与功效| 吕布是什么生肖| 牙齿冷热都疼是什么原因| ny是什么品牌| 苏格兰牧羊犬吃什么| 米粉是用什么做出来的| 戴隐形眼镜用什么眼药水| 太多的理由太多的借口是什么歌| 解脲脲原体阳性吃什么药| 什么是痔疮早期图片| 脚面麻木是什么原因| 脉搏强劲有力代表什么| 倾诉是什么意思| 墓志铭什么意思| 天津市市长什么级别| 部首和偏旁有什么区别| 风团是什么原因引起的| 为什么会闰月| 君子菜是什么蔬菜| 双鱼座最配什么星座| 为什么一照相脸就歪了| 欧巴桑是什么意思| 文房四宝指什么| 错构瘤是什么病| 人体最大的免疫器官是什么| 梦见孩子被蛇咬是什么意思| 东南方向是什么位置| 下连是什么意思| 甲状腺吃什么药好| 皇帝的新装是什么意思| 刀模是什么| 西米露是什么| 心功能二级是什么意思| 先天性心脏病有什么症状| 山东人为什么那么高| 百度Gaan na inhoud

保护用户隐私?亚马逊拒绝提供嫌疑人Echo数据请求

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Rugbywêreldbeker 2007
Toernooibesonderhede
Gasheer Vlag van Frankryk Frankryk (nominaal)
Vlag van Skotland Skotland
Vlag van Wallis Wallis
Datums 7 September – 20 Oktober
Aantal nasies 20 (92 kwalifiseer)
Finale posisies
Kampioen  Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Naaswenner  Vlag van Engeland Engeland
Derde plek  Vlag van Argentini? Argentini?
Toernooistatistiek
Wedstryde 48
Bywoning 2 263 223 (gem. 47 150 per wedstryd)
Drie? 296 (gemiddeld 6.17 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Suid-Afrika Percy Montgomery (105)[1]
Meeste drie? Vlag van Suid-Afrika Bryan Habana (8)[2]
2003
2011
百度 【相关阅读】

Die Rugbywêreldbeker 2007 (Frans: Coupe du monde de rugby à XV 2007; Engels: 2007 Rugby World Cup; Skots-Gaelies: Cupa Rugbaidh an t-Saoghail 2007; Wallies: Cwpan Rygbi'r Byd 1999) is van 7 September tot 20 Oktober 2007 in Frankryk (nominale gasheer), Wallis en Skotland beslis. Dit was die sesde rugbywêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur die Internasionale Rugbyraad (IRR; nou Wêreldrugby) aangebied word en die derde in die Noordelike Halfrond. Frankryk se bod om die toernooi aan te bied is in 2003 bo Engeland s’n verkies.

Die Webb Ellis-beker waarom meegeding is

Die toernooi se formaat van 2003 het onveranderd gebly en 20 nasionale rugbyspanne het aan die Rugbywêreldbeker 2007 deelgeneem: die agt regstreekse kwalifiseerders van die 2003-toernooi (Australi?, Engeland, Frankryk, Ierland, Nieu-Seeland, Skotland, Suid-Afrika en Wallis), saam met die twaalf beste spanne van die kwalifisering (Argentini?, Fidji, Georgi?, Itali?, Japan, Kanada, Namibi?, Portugal, Roemeni?, Samoa, Tonga en die Verenigde State). Tydens die Rugbywêreldbeker 2007 is 48 wedstryde gespeel, waaronder 40 tydens die groepfase en agt tydens die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van vyf elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer, terwyl die drie beste spanne van elke groep – altesaam twaalf spanne – regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 2011 in Nieu-Seeland gekwalifiseer het. Van die 48 wedstryde is 42 in Franse stede aangebied, vier in die Walliese hoofstad Cardiff en twee in die Skotse hoofstad Edinburg. Frankryk het voorheen tydens die Rugbywêreldbeker 1991 en Rugbywêreldbeker 1999 as medegasheer opgetree; albei toernooie is saam met die ander destydse Vyfnasies Engeland, Ierland, Skotland en Wallis aangebied.

Voor die afskop van die Rugbywêreldbeker 2007 is Engeland, Frankryk, Nieu-Seeland en Suid-Afrika as gunstelinge op die titel beskou.[3][4] Die Rugbywêreldbeker 2007 het begin met die openingswedstryd tussen die gasheer Frankryk en Argentini? by die Stade de France in Saint-Denis buite Parys. Die Argentyne het verras deur die gasheer te klop, ’n prestasie wat hulle later sou herhaal toe hulle die bronsmedalje gewen het deur Frankryk vir ’n tweede keer te klop. Op 20 Oktober 2007 is die eindstryd ook by die Stade de France gespeel. Suid-Afrika het die verdedigende kampioen Engeland met 15–6 verslaan en sodoende sy tweede rugbywêreldbekertitel ná 1995 ingepalm, ná Australi? die tweede span wat daarin kon slaag. Die telling, waarin geen drie? gedruk is nie, is behaal met vier strafskoppe deur Percy Montgomery en een deur Fran?ois Steyn, teenoor die twee van Engeland se Jonny Wilkinson. Namibi? is ná vier nederlae reeds in die groepfase uitgeskakel. Portugal het vir die eerste keer aan ’n rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem.

Met meer as vier miljard televisiekykers wêreldwyd was die Rugbywêreldbeker 2007 die mees gesiene rugbywêreldbekertoernooi ooit. Altesaam is daar sowat 2,2 miljoen kaartjies vir die 48 wedstryde verkoop, waarmee elke wedstryd gemiddeld 47 150 toeskouers gelok het;[5] die wedstryde in Frankryk het met ’n bywoning van 97% gespog.[6]

Toewysing

[wysig | wysig bron]
Kaart van die kandidaatlande vir die Rugbywêreldbeker 2007
Die Stade de France kort nadat die eindstryd van die Rugbywêreldbeker 2007 gespeel is
Die Eiffeltoring in Parys wat met ’n reuse rugbybal versier is vir die Rugbywêreldbeker 2007

Beide Engeland en Frankryk het ’n bod ingedien om die Rugbywêreldbeker 2007 te huisves.[7][8] Die tenderdokument vir die 2007-aansoekproses moes teen 31 Oktober 2001 ingedien word. Beide Engeland en Frankryk is genooi om hul planne weer in te dien. Die Internasionale Rugbyraad (IRR) het verklaar dat beide lande aan die voorwaardes van die tenderdokumente in een bod sou moes voldoen, maar dat ’n tweede opsie alternatiewe idees kon aanbied. Die IRR het verklaar, dat “Engeland se oorspronklike voorstel drie planne vir die aanbied van die toernooi gehad het, met ’n tradisionele, nuwe en hibriede formaat wat almal aangebied is. Die Franse bod het, terwyl dit in ander opsigte voldoen het aan die tenderdokument, nie binne een van die ‘vensters’ geval waarin die IRR ’n toernooi wou aanbied nie”. Een van Engeland se aanbiedings het ’n twee-vlak-toernooi bevat en ’n ander het die struktuur van die kwalifiseringstoernooi verander, terwyl Frankryk se voorstel van September tot Oktober geskeduleer was.[9]

In April 2003 is aangekondig dat Frankryk die reg verkry het om die toernooi aan te bied. Die toernooi is geskuif na die voorgestelde September-Oktober-datums, terwyl die toernooistruktuur dieselfde gebly het. Daar is ook aangekondig dat tien Franse stede die wedstryde sou aanbied met die eindstryd by die Stade de France in Saint-Denis buite Parys. Frankryk se eerste minister, Jean-Pierre Raffarin, het verklaar dat “dié besluit illustreer die kwaliteit eienskappe van ons land en die vermo? om groot sportgeleenthede aan te bied... Hierdie wêreldbeker sal ’n geleentheid wees om die streke van Frankryk, waar die wonderlike sport rugby diep wortels het, te vertoon.” Die Franse sportminister, Jean-Fran?ois Lamour, het gesê dat “Die organisasie van dié wêreldbeker sal oor die hele Frankryk skyn omdat tien Franse stede die voorreg het om wedstryde te re?l en in die wêreld se kollig te wees.”[10]

Deelnemers

[wysig | wysig bron]

Kwalifisering

[wysig | wysig bron]

20 spanne het vir die Rugbywêreldbeker 2007 gekwalifiseer. Die agt kwarteindstrydfinaliste van die Rugbywêreldbeker 2003 – Australi?, Engeland, Frankryk, Ierland, Nieu-Seeland, Skotland, Suid-Afrika en Wallis – het almal regstreeks gekwalifiseer terwyl die res van die spanne moes kwalifiseer tydens ’n reeks kompetisies wat regoor die wêreld gehou is. Tien van die twintig posisies wat in die toernooi beskikbaar was, is gevul deur streekskwalifiseerders, terwyl die oorblywende twee posisies deur heruitdunning gevul is. Die kwalifiseringstoernooi is in vyf streeksgroepe verdeel: Afrika, Amerikas, Asi?, Europa en Oseani?. Drie plekke elk is vir die nasionale spanne van die Amerikas en Europa gereserveer, twee plekke vir Oseani? en een elk vir Afrika en Asi?. Die twee oorblywende plekke is tydens ’n interkontinentale kwalifiseringsrondte beslis.[11] As die regstreekse klassifiseerders getel word, het 92 spanne in aanmerking gekom vir kwalifisering vir die finale toernooi in Frankryk.[12]

In Julie 2005 is Samoa en Fidji bevestig as kwalifiseerders van Oseani?, as onderskeidelik Oseani? 1 en 2.[13] In Julie van die volgende jaar het Argentini? as Amerikas 1 gekwalifiseer toe hulle Uruguay met 26–0 in Buenos Aires verslaan het.[14] Amerikas 2 is in Augustus gevul toe Kanada die Verenigde State met 56–7 in Newfoundland geklop het.[15] Die Verenigde State het egter later daarin geslaag om as Amerikas 3 te kwalifiseer nadat die span Uruguay gemaklik in twee seksies in die begin van Oktober verslaan het.[15] In daardie maand het Itali? as Europa 1 gekwalifiseer toe hulle Rusland met 67–7 in Moskou geklop het om eerste plek in die land se kwalifiseringgroep te behaal; Roemeni? het Spanje met 43–20 in Madrid geklop en daarmee ook vir die Rugbywêreldbeker 2007 gekwalifiseer as Europa 2.[16]

Namibi? het vir sy derde agtereenvolgende rugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer toe die span Marokko oor twee seksies in November geklop het.[17] Japan het die enigste Asiatiese toekenning gewen nadat die toernooi na Hongkong geskuif is.[18] Georgi? was 14 punte beter as Portugal oor twee seksies om die laaste Europese plek in te neem.[16] Tonga het deur heruitdunning gekwalifiseer nadat die span Korea geklop het.[19] Die finale plek in Groep C het na Portugal gegaan nadat die span Uruguay met ’n algehele telling van 24–23 geklop het.[19]

Kwalifiserende spanne

[wysig | wysig bron]

Die volgende 20 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer. Portugal, wat Uruguay vervang het, is die enigste verandering in die 20-span-lys van die Rugbywêreldbeker 2003. Portugal het vir die eerste keer aan ’n rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem en hulle is ook die enigste geheel-en-al amateurspan wat gekwalifiseer het.

Spanne wat aan die kwalifiseringstoernooi deelgeneem en die wat regstreeks gekwalifiseer het; altesaam 92 spanne het deelgeneem.

   Afrika

   Amerikas

   Asi?

   Europa

   Oseani?

   Nie deelgeneem nie

Uitslag van die kwalifisering:

   Nominale gasheer

   Agt beste spanne van die 2003-toernooi

   Wenner van die plaaslike kwalifisering

   Versuim om te kwalifiseer

   Nie deelgeneem nie

Span Kwalifiseringmetode Verskynings by eindstryde Laaste verskyning Vorige beste prestasie Groep
Vlag van Frankryk Frankryk Nominale gasheer Sesde 2003 Naaswenner (1987, 1999) D
Vlag van Australi? Australi? Regstreeks Sesde 2003 Kampioen (1991, 1999) B
Vlag van Engeland Engeland Sesde 2003 Kampioen (2003) A
Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Sesde 2003 Kwarteindrondte (1987, 1991, 1995, 2003) D
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Sesde 2003 Kampioen (1987) C
Vlag van Skotland Skotland Sesde 2003 Vierde plek (1991) C
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Vierde 2003 Kampioen (1995) A
Vlag van Wallis Wallis Sesde 2003 Derde plek (1987) B
Vlag van Argentini? Argentini? Amerikas 1 Sesde 2003 Kwarteindrondte (1999) D
Vlag van Fidji Fidji Oseani? 2 Vyfde 2003 Kwarteindrondte (1987) B
Vlag van Georgi? Georgi? Europa 3 Tweede 2003 Groepfase (2003) D
Vlag van Itali? Itali? Europa 1 Sesde 2003 Groepfase (1987, 1991, 1995, 1999, 2003) C
Vlag van Japan Japan Asi? 1 Sesde 2003 Groepfase (1987, 1991, 1995, 1999, 2003) B
Vlag van Kanada Kanada Amerikas 2 Sesde 2003 Kwarteindrondte (1991) B
Vlag van Namibi? Namibi? Afrika 1 Derde 2003 Groepfase (1999, 2003) D
Vlag van Portugal Portugal Uitspeelwenner 1 Eerste Debuut C
Vlag van Roemeni? Roemeni? Europa 2 Sesde 2003 Groepfase (1987, 1991, 1995, 1999, 2003) C
Vlag van Samoa Samoa Oseani? 1 Vyfde 2003 Kwarteindrondte (1991, 1995) A
Vlag van Tonga Tonga Uitspeelwenner 2 Vyfde 2003 Groepfase (1987, 1995, 1999, 2003) A
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State Amerikas 3 Vyfde 2003 Groepfase (1987, 1991, 1999, 2003) A

Stadions

[wysig | wysig bron]
Die Rugbywêreldbeker 2007 is deur Frankryk aangebied, met van die wedstryde wat in Edinburg en Cardiff gespeel is
Verbyvlug oor die Stade de France tydens die openingseremonie van die Rugbywêreldbeker 2007
Nagtelike foto van die Eiffeltoring tydens die Rugbywêreldbeker 2007

Frankryk het die reg om die Rugbywêreldbeker 2007 aan te bied in 2003 verkry en het vervolgens aangekondig dat vier wedstryde in Wallis, by Cardiff se 74 500 Millennium-stadion, gehou sal word (twee Groep B-wedstryde waarby die Walliese span betrokke was, die wedstryd tussen Fidji en Kanada, en ’n kwarteindstryd). Ierland sou wedstryde in Dublin by Lansdowne Road aangebied het, maar as gevolg van skeduleringskonflikte met die herkonstruksie van die stadion het die Ierse Rugbyvoetbalunie besluit om nie deel te neem aan die aanbieding van die Rugbywêreldbeker 2007 nie.[20]

Twee Groep C-wedstryde is by Edinburg se Murrayfield-stadion gehou. Vroeg in 2006 het die Skotse Rugbyunie volgens berigte getwyfel om van die wedstryde te huisves en of Skotland genoeg markaanvraag sou kon genereer,[20][21] maar in April 2006 het hulle bevestig dat die wedstryde wél op Murrayfield beslis sal word. Aan die einde van die dag kon die Skotland-Nieu-Seelandse wedstryd nie uitverkoop word nie, en die stadion was minder as halfvol tydens die Skotland-Roemeni?-wedstryd.

Die Rugbywêreldbeker 2007 het heelwat meer toeskouerkapasiteit gehad as wat dit die geval was vir die Rugbywêreldbeker 2003: die kleinste stadion vir die 2007-toernooi het sitplek vir 33 900 toeskouers. Die Franse stadions was dieselfde as dié wat vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 gebruik is. Met Lens, Nantes en Saint-étienne is ook stede in ag geneem wat tradisioneel nie as rugbysentrums beskou word nie. 6 000 vrywilligers het gehelp om die toernooi te organiseer.[22]

Hoewel die Rugbywêreldbeker 2007 die eerste was wat hoofsaaklik deur Frankryk aangebied is, is ’n aantal wedstryde tydens die 1991 en 1999-toernooie, wat onderskeidelik hoofsaaklik deur Engeland en Wallis aangebied is, in Frankryk beslis. In 1991 is Groep D-wedstryde (wat Frankryk insluit) in Béziers, Bayonne, Grenoble, Toulouse, Brive en Agen beslis, terwyl Parc des Princes en Stadium Lille Métropole elkeen ook ’n kwarteindwedstryd gehuisves het. In 1999 is op ’n soortgelyke wyse Groep C-wedstryde (wat Frankryk insluit) in Béziers, Bordeaux en Toulouse beslis, terwyl ’n uitspeelwedstryd gehou is op Stade Félix-Bollaert en ’n kwarteindstryd op die Stade de France.[23]

Vlag van Frankryk Saint-Denis Vlag van Wallis Cardiff Vlag van Skotland Edinburg Vlag van Frankryk Marseille
Stade de France Millennium Murrayfield Stade Vélodrome
48°55′28″N 2°21′36″O / 48.92444°N 2.36000°O / 48.92444; 2.36000 (Stade de France) 51°28′41″N 3°10′57″W / 51.47806°N 3.18250°W / 51.47806; -3.18250 (Millennium-stadion) 55°56′32″N 3°14′27″W / 55.94222°N 3.24083°W / 55.94222; -3.24083 (Murrayfield-stadion) 43°16′11″N 5°23′45″O / 43.26972°N 5.39583°O / 43.26972; 5.39583 (Stade Vélodrome)
Kapasiteit: 80 000 Kapasiteit: 74 500 Kapasiteit: 67 144 Kapasiteit: 59 500
Vlag van Frankryk Parys Vlag van Frankryk Lens Vlag van Frankryk Lyon Vlag van Frankryk Nantes
Parc des Princes Stade Félix-Bollaert Stade de Gerland Stade de la Beaujoire
48°50′29″N 2°15′11″O / 48.84139°N 2.25306°O / 48.84139; 2.25306 (Parc des Princes) 50°25′58″N 2°48′54″O / 50.43278°N 2.81500°O / 50.43278; 2.81500 (Stade Félix-Bollaert) 45°43′26″N 4°49′56″O / 45.72389°N 4.83222°O / 45.72389; 4.83222 (Stade de Gerland) 47°15′20.27″N 1°31′31.35″W / 47.2556306°N 1.5253750°W / 47.2556306; -1.5253750 (Stade de la Beaujoire)
Kapasiteit: 47 870 Kapasiteit: 41 400 Kapasiteit: 41 100 Kapasiteit: 38 100
Vlag van Frankryk Toulouse Vlag van Frankryk Saint-étienne Vlag van Frankryk Bordeaux Vlag van Frankryk Montpellier
Stadium de Toulouse Stade Geoffroy-Guichard Stade Chaban-Delmas Stade de la Mosson
43°34′59″N 1°26′3″O / 43.58306°N 1.43417°O / 43.58306; 1.43417 (Stadium de Toulouse) 45°27′39″N 4°23′25″O / 45.46083°N 4.39028°O / 45.46083; 4.39028 (Stade Geoffroy-Guichard) 44°49′45″N 0°35′52″W / 44.82917°N 0.59778°W / 44.82917; -0.59778 (Stade Chaban-Delmas) 43°37′20″N 3°48′43″O / 43.62222°N 3.81194°O / 43.62222; 3.81194 (Stade de la Mosson)
Kapasiteit: 35 700 Kapasiteit: 35 650 Kapasiteit: 34 440 Kapasiteit: 33 900
Plek in Skotland
Plek in Wallis

Formaat

[wysig | wysig bron]

Die Rugbywêreldbeker 2007 is oor 44 dae tussen 20 verskillende spanne oor 48 wedstryde beslis. Dit het op 7 September 2007 op die Stade de France met die openingswedstryd tussen die nominale gasheer Frankryk en Argentini? afgeskop. Die toernooi het ge?indig by dieselfde stadion op 20 Oktober met die eindstryd tussen Engeland en Suid-Afrika, waartydens die Springbokke die Webb Ellis-beker ingepalm het.

Kalender

[wysig | wysig bron]

Die volgende tabel dui die Rugbywêreldbeker 2007 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
September
Vr
7
Sa
8
So
9
Ma
10
Di
11
Wo
12
Do
13
Vr
14
Sa
15
So
16
Ma
17
Di
18
Wo
19
Do
20
Vr
21
Sa
22
So
23
Ma
24
Di
25
Wo
26
Do
27
Vr
28
Sa
29
So
30
Seremonies OS
Groep A 1 1 1 1 1 2 1 1 1
Groep B 1 1 1 1 1 1 1 1 2
Groep C 1 1 1 1 1 1 1 1 2
Groep D 1 1 1 1 1 1 1 1 2
Uitklopfase
Oktober
Ma
1
Di
2
Wo
3
Do
4
Vr
5
Sa
6
So
7
Ma
8
Di
9
Wo
10
Do
11
Vr
12
Sa
13
So
14
Ma
15
Di
16
Wo
17
Do
18
Vr
19
Sa
20
Seremonies SS
Uitklopfase 2 2 1 1 1 1
Verklaring

   Seremonies

   Groepfase

   Uitklopfase

   Bronseindstryd

   Eindstryd

Groepe

[wysig | wysig bron]
Die loting vir die Rugbywêreldbeker 2007 het op 12 Mei 2004 in die Dublinse Mansion House se Fado-restaurant plaasgevind

Die eerste rondte, of die groepfase, het 20 lande wat in vier groepe van vyf spanne gedeel is met dieselfde formaat as wat in 2003 gebruik is. Die loting vir die groepfase was op 12 Mei 2004, gedurende die kwalifisering, in die Dublinse Mansion House se Fado-restaurant waar die vier beste spanne van die 2003-toernooi in hul onderskeie groep geloot is. Vir die eerste keer in die rugbywêreldbekergeskiedenis was die loting nie gebaseer op plasings of die IRR-ranglys nie.[24] Aansluitend is die vier verloorders uit die kwarteindrondte aan die groepe toegewys.

Ná die loting op 12 Mei 2004 lyk die groepe soos volg:[25]

Groep A Groep B Groep C Groep D

Vlag van Engeland Engeland[n 1]
Vlag van Samoa Samoa
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika[n 1]
Vlag van Tonga Tonga
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State

Vlag van Australi? Australi?[n 1]
Vlag van Kanada Kanada
Vlag van Fidji Fidji
Vlag van Japan Japan
Vlag van Wallis Wallis[n 1]

Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland[n 1]
Vlag van Itali? Itali?
Vlag van Portugal Portugal
Vlag van Roemeni? Roemeni?
Vlag van Skotland Skotland[n 1]

Vlag van Argentini? Argentini?
Vlag van Frankryk Frankryk[n 1][n 2]
Vlag van Georgi? Georgi?
Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland[n 1]
Vlag van Namibi? Namibi?

Groepfase

[wysig | wysig bron]
Openingseremonie in die Stade de France
Franse ondersteuners by die openingseremonie
Synergie, die amptelike rugbybal van die Rugbywêreldbeker 2007

Soos in die Rugbywêreldbeker 2003 is die 20 spanne wat vir die Rugbywêreldbeker 2007 gekwalifiseer het in vier groepe verdeel. Die groepe is verdeel van Groep A tot Groep D en elke groep het bestaan uit vyf spanne. Elke groep het twee regstreekse kwalifiseerders van die Rugbywêreldbeker 2003 bevat, met die ander drie plekke wat deur die kwalifiseringstelsel gevul is. Elke land het een keer teen elke ander span in sy groep gespeel: elke land het dus vier wedstryde tydens die groepfase gespeel.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Vier wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Twee vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag;
  • Een bonuspunt vir die druk van vier of meer drie?, of ’n nederlaag met sewe punte of minder.[26]

Bonuspunte wat bydra tot spanne se versamelde wedstrydpuntetelling is toegeken in elkeen van die volgende omstandighede (een wedstrydpunt vir elke geval):

  • ’n span druk vier of meer drie? (ongeag van die wedstryduitslag);
  • ’n span verloor met sewe (’n verdoelde drie) of minder.[26]

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vyfde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee of meer spanne ewe veel punte behaal, word ’n kriteriastelsel van gebruik om te bepaal watter span ’n ho?r rang het. Die kriteriastelsel berus op ’n gedetailleerde analise van die wedstryde waaraan die spanne deelgeneem het. As geen uitslag met die stelsel bereik kan word nie word die span wat die ho?r rang op die amptelike ranglys van die IRR gehad het (soos gepubliseer op 1 Oktober 2007) die ho?r rang toegeken.[26]

Uitklopfase

[wysig | wysig bron]

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B teen die naaswenner van Groep A gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers in óf die klein finale óf die eindstryd kon herontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná tagtig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om te bepaal wie die wenner is. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, tien minute in elke rigting: as daar dan steeds geen wenner was nie, is daar vir tien minute gespeel in ’n uitklopformaat, waar die eerste span wat daarin geslaag het om punte aan te teken, gewen het. As daar steeds nie ’n wenner was ná 110 minute nie is die wenner bepaal deur ’n stelskopkompetisie.[26]

2007-effek op 2011-kwalifisering

[wysig | wysig bron]

Anders as tydens die Rugbywêreldbeker 2003 het die drie beste spanne in elke groep regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 2011 in Nieu-Seeland gekwalifiseer: voorheen het slegs die agt kwarteindfinalsite regstreeks vir die volgende toernooi gekwalifiseer. Die vier semifinaliste, saam met die volgende gasheer Nieu-Seeland, is gekeur vir die 2011-toernooi. Hulle was Argentini?, Australi?, Engeland, Fidji, Frankryk, Ierland, Itali?, Nieu-Seeland, Skotland, Suid-Afrika, Tonga en Wallis.

Kaartjies en borgskappe

[wysig | wysig bron]
Amptelike 2007 Rugbywêreldbeker-winkel

Kaartjies vir die Rugbywêreldbeker 2007 is in drie fases verdeel. Die eerste-fase-kaartjies is in November 2005 vrygestel toe lede van die Europese rugbygemeenskap (byvoorbeeld amptenare, spelers, ens.) die geleentheid gebied is om verskeie kaartjiepakkette aan te skaf. Ná die oopstel van die tweede fase van die kaartjieskema is meer as 100 000 kaartjies binne tien ure verkoop.[27] Aan die begin van 2006 is daar aangekondig dat daar reeds 800 000 van die 2,4 miljoen kaartjies verkoop is en op 6 September 2006 is die eenmiljoenste kaartjie verkoop.[28] Die oorblywende kaartjies is tydens die derde fase in November 2006 vrygestel: dié kaartjies was individuele kaartjies en kaartjies na die kwarteindstryd wat gelei het tot ’n ‘ongekende aanvraag’. In Junie 2007 is daar aangekondig dat van die 2,4 miljoen kaartjies wat te koop aangebied was reeds twee miljoen verkoop is.[29]

Die wêreldwye vennote van die toernooi was Société Générale, GMF, électricité de France, Peugeot, Visa en SNCF,[30] en die amptelike borge sluit in Heineken, Vediorbis, Capgemini, Orange, Toshiba en Emirates.[31] Gilbert het die rugbyballe vir die toernooi verskaf en die Synergie-wedstrydbal is deurgaans in die toernooi gebruik. Dit sit Gilbert se betrokkenheid by rugbywêreldbekertoernooie voort nadat die maatskappy die Barbarian- (1995), Revolution- (1999) en Xact-balle (2003) vir vorige toernooie verskaf het.[32] Saam met Gilbert was die amptelike verskaffers Adidas, Coca-Cola en Clifford Chance.[33]

Betrokkenes

[wysig | wysig bron]

Wedstrydbeamptes

[wysig | wysig bron]

’n Paneel van twaalf skeidsregters en 13 lynregters is vir die groepfase ingespan. Vir die uitklopstadium het die twaalf skeidsregters as skeidsregters, lynregters en televisiewedstrydamptenare opgetree.[34]

Skeidsregters

[wysig | wysig bron]

Lynregters

[wysig | wysig bron]

Spanne

[wysig | wysig bron]

Elke land kon 30 spelers vir die toernooi kies. Die spanne moes teen 14 Augustus 2007 aan die Internasionale Rugbyraad voorgelê word.[35] Nadat die span voorgelê is, kon ’n beseerde speler vervang word, maar so ’n speler is nie toegelaat om weer by die span aan te sluit nie.

Wedstryde

[wysig | wysig bron]
Kwalifiseer vir die kwarteindrondte én regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 2011.
Uit die toernooi geskakel, maar kwalifiseer regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 2011.
Uit die toernooi geskakel én loop regstreekse kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 2011 mis.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfase

[wysig | wysig bron]

20 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring, terwyl die drie beste spanne regstreeks vir die volgende toernooi gekwalifiseer het.

Groep A

[wysig | wysig bron]
Die Samoaanse Siva Tau
Suid-Afrika nadat hulle Engeland met 36–0 geklop het
Span S W G V P v P t +/? D v BP P
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 4 4 0 0 189 47 +142 24 3 19
Vlag van Engeland Engeland 4 3 0 1 108 88 +20 11 2 14
Vlag van Tonga Tonga 4 2 0 2 89 96 –7 9 1 9
Vlag van Samoa Samoa 4 1 0 3 69 143 –74 5 1 5
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 4 0 0 4 61 142 –81 7 1 1

Groep B

[wysig | wysig bron]
Wallis teen Kanada
Australi? tydens hul 91–3-oorwinning oor Japan
Span S W G V P v P t +/? D v BP P
Vlag van Australi? Australi? 4 4 0 0 215 41 +174 30 4 20
Vlag van Fidji Fidji 4 3 0 1 114 136 –22 14 3 15
Vlag van Wallis Wallis 4 2 0 2 168 105 +63 23 4 12
Vlag van Japan Japan 4 0 1 3 64 210 –146 7 1 3
Vlag van Kanada Kanada 4 0 1 3 51 120 –69 6 0 2

Groep C

[wysig | wysig bron]
Skotland klop Roemeni? met 42–0 tuis
Span S W G V P v P t +/? D v BP P
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 4 4 0 0 309 35 +274 46 4 20
Vlag van Skotland Skotland 4 3 0 1 116 66 +50 14 2 14
Vlag van Itali? Itali? 4 2 0 2 85 117 –32 8 1 9
Vlag van Roemeni? Roemeni? 4 1 0 3 40 161 –121 5 1 5
Vlag van Portugal Portugal 4 0 0 4 38 209 –171 4 1 1

Groep D

[wysig | wysig bron]
Argentini? se openingswedstryd teen Frankryk
Span S W G V P v P t +/? D v BP P
Vlag van Argentini? Argentini? 4 4 0 0 143 33 +110 16 2 18
Vlag van Frankryk Frankryk 4 3 0 1 188 37 +151 24 3 15
Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland 4 2 0 2 64 82 –18 9 1 9
Vlag van Georgi? Georgi? 4 1 0 3 50 111 –61 5 1 5
Vlag van Namibi? Namibi? 4 0 0 4 30 212 –182 3 0 0

Uitklopfase

[wysig | wysig bron]
Die Springbokke nadat hulle in 2007 as die wêreldkampioen gekroon is
Die William Webb Ellis-beker wat deur die Springbokspan van Suid-Afrika as wenner van die Rugbywêreldbeker 2007 omhoog gehou is
Kwarteindrondte Halfeindrondte Eindstryd
                   
6 Oktober – Marseille        
 Vlag van Australi? Australi?  10
13 Oktober – Saint-Denis
 Vlag van Engeland Engeland  12  
 Vlag van Engeland Engeland  14
6 Oktober – Cardiff
   Vlag van Frankryk Frankryk  9  
 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland  18
20 Oktober – Saint-Denis
 Vlag van Frankryk Frankryk  20  
 Vlag van Engeland Engeland  6
7 Oktober – Marseille
   Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika  15
 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika  37
14 Oktober – Saint-Denis
 Vlag van Fidji Fidji  20  
 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika  37 Uitspeel om derde plek
7 Oktober – Saint-Denis
   Vlag van Argentini? Argentini?  13   19 Oktober – Parys
 Vlag van Argentini? Argentini?  19
   Vlag van Frankryk Frankryk  10
 Vlag van Skotland Skotland  13  
 Vlag van Argentini? Argentini?  43

Kwarteindrondte

[wysig | wysig bron]

Halfeindrondte

[wysig | wysig bron]

Bronseindstryd

[wysig | wysig bron]

Eindstryd

[wysig | wysig bron]


Rugbywêreldkampioen 2007
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika

Statistiek

[wysig | wysig bron]

Finale puntestand

[wysig | wysig bron]

Hierdie tabel toon die finale puntestand van al 20 deelnemende nasionale rugbyspanne in die Rugbywêreldbeker 2007.[81]

Uitslag van die Rugbywêreldbeker 2007:

   Kampioen

   Naaswenner

   Derde plek

   Vierde plek

   Kwarteindrondte

   Groepfase

   Nie deelgeneem nie

Rang Span Groep S W G V P Drie? Doelskoppe Strafdoele Skepdoele
1 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika A 7 7 0 0 278 33 25 21 0
2 Vlag van Engeland Engeland A 7 5 0 2 140 12 7 17 5
3 Vlag van Argentini? Argentini? D 7 6 0 1 209 23 14 18 4
4 Vlag van Frankryk Frankryk D 7 4 0 3 227 27 19 18 0
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland C 5 4 0 1 327 48 36 5 0
6 Vlag van Australi? Australi? B 5 4 0 1 225 31 20 8 2
7 Vlag van Fidji Fidji D 5 3 0 2 134 16 12 10 0
8 Vlag van Skotland Skotland C 5 3 0 2 129 15 15 8 0
In die groepfase uitgeskakel
9 Vlag van Wallis Wallis B 4 2 0 2 168 23 16 7 0
10 Vlag van Tonga Tonga A 4 2 0 2 89 9 7 10 0
11 Vlag van Itali? Itali? C 4 2 0 2 85 8 6 11 0
12 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland D 4 2 0 2 64 9 5 2 1
13 Vlag van Samoa Samoa A 4 1 0 3 69 5 4 12 0
14 Vlag van Georgi? Georgi? D 4 1 0 3 50 5 5 5 0
15 Vlag van Roemeni? Roemeni? C 4 1 0 3 40 5 3 3 0
16 Vlag van Japan Japan B 4 0 1 3 64 7 4 7 0
17 Vlag van Kanada Kanada B 4 0 1 3 51 6 3 5 0
18 Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State A 4 0 0 4 61 7 4 6 0
19 Vlag van Portugal Portugal C 4 0 0 4 38 4 3 3 1
20 Vlag van Namibi? Namibi? D 4 0 0 4 30 3 3 2 1
Algeheel 48 2498 296 211 178 14

Meeste punte en drie?

[wysig | wysig bron]
Meeste punte aangeteken:[1]
Naam Punte
1 Vlag van Suid-Afrika Percy Montgomery 105
2 Vlag van Argentini? Felipe Contepomi 91
3 Vlag van Engeland Jonny Wilkinson 67
4 Vlag van Nieu-Seeland Nick Evans 50
5 Vlag van Frankryk Jean-Baptiste élissalde 47
6 Vlag van Skotland Chris Paterson 46
7 Vlag van Tonga Pierre Hola 44
8 Vlag van Frankryk Lionel Beauxis 43
9 Vlag van Fidji Nicky Little 42
10 Vlag van Australi? Matt Giteau 40
Vlag van Suid-Afrika Bryan Habana
Vlag van Nieu-Seeland Dan Carter
Meeste drie? gedruk:[2]
Naam Drie?
1 Vlag van Suid-Afrika Bryan Habana 8
2 Vlag van Australi? Drew Mitchell 7
3 Vlag van Nieu-Seeland Doug Howlett 6
Vlag van Wallis Shane Williams
5 Vlag van Nieu-Seeland Joe Rokocoko 5
Vlag van Australi? Chris Latham
Vlag van Frankryk Vincent Clerc
8 Vlag van Skotland Rory Lamont 4
Vlag van Nieu-Seeland Sitiveni Sivivatu
Vlag van Suid-Afrika Jaque Fourie
Vlag van Suid-Afrika JP Pietersen
Vlag van Suid-Afrika Juan Smith
Vlag van Engeland Paul Sackey

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Notas

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 Regstreekse kwalifiseerder (kwarteindfinaliste in 2003).
  2. Benewens regstreekse kwalifisering as gevolg van sy prestasie in 2003 is Frankryk die gasheer en sou die land op grond daarvan gekwalifiseer het.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 (en) "Rugby World Cup 2007: Player Stats". rugbyworldcup.com. Besoek op 28 Oktober 2024.
  2. 2,0 2,1 (en) "Rugby World Cup 2007: Player Stats". rugbyworldcup.com. Besoek op 28 Oktober 2024.
  3. (en) "World Cup ready for big kick-off". BBC. 7 September 2007. Besoek op 28 Oktober 2024.
  4. (en) Dan Roebuck (31 Augustus 2007). "Follow France for a chance to put All Blacks' backers into the red". The Guardian. Besoek op 28 Oktober 2024.
  5. 5,0 5,1 (en) "2007 Rugby World Cup in Review". Rugby Pass. Besoek op 28 Oktober 2024.
  6. (en) "RWC 2007". rugbyfootballhistory.com. Besoek op 28 Oktober 2024.
  7. (en) "England to launch bid for 2007". Rugby Australia. 12 September 2001. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016. Besoek op 7 Maart 2016.
  8. (en) "World Cup bidding process underway". Rugby Australia. 28 September 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016. Besoek op 7 Maart 2016.
  9. (en) "IRB clarifies World Cup bid situation". Rugby Australia. 17 November 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Maart 2016. Besoek op 11 Maart 2016.
  10. (en) "France wins right to host 2007 Rugby World Cup". Rugby Australia. 11 April 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016. Besoek op 7 Maart 2016.
  11. (en) "RWC 2007 Qualifying process". rugbyworldcup.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2007. Besoek op 29 Junie 2007.
  12. (en) Karen Bond (30 Junie 2007). "The road to France: Overview". Wêreldrugby. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Augustus 2014. Besoek op 30 Augustus 2014.
  13. (en) "Rugby World Cup – Oceania qualifiers". rugbyarchive.net. 2015. Besoek op 28 Oktober 2024.
  14. (en) "Sudamericano de Rugby". rugbyarchive.net. 2014. Besoek op 28 Oktober 2024.
  15. 15,0 15,1 (en) "Rugby World Cup – American qualifiers". rugbyarchive.net. 2018. Besoek op 28 Oktober 2024.
  16. 16,0 16,1 (en) "Rugby World Cup 2007 – European qualifiers". rugbyarchive.net. 2015. Besoek op 28 Oktober 2024.
  17. (en) "Rugby World Cup – African qualifiers". rugbyarchive.net. 2015. Besoek op 28 Oktober 2024.
  18. (en) "Rugby World Cup 2007 – Asian qualifiers". rugbyarchive.net. 2015. Besoek op 28 Oktober 2024.
  19. 19,0 19,1 (en) "2007 Rugby World Cup – Qualifiers repechage". rugbyarchive.net. 2015. Besoek op 28 Oktober 2024.
  20. 20,0 20,1 (en) "Scotland looks to give up World cup matches at Murrayfield". worldcupweb.com. 2 Desember 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Junie 2015. Besoek op 26 Junie 2015.
  21. (en) "Scots could disrupt World cup hosting plans". worldcupweb.com. 20 Februarie 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Januarie 2007. Besoek op 1 Januarie 2007.
  22. (en) "Volunteers primed to play their part at RWC'07". ESPNscrum. 18 Maart 2007. Besoek op 28 Oktober 2024.
  23. (en) "1999 Rugby World Cup venues". sportsillustrated.cnn.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2013. Besoek op 2 Julie 2013.
  24. (en) "Dublin to hold World Cup draw". Irish Examiner. 11 Mei 2004. Besoek op 28 Oktober 2024.
  25. (en) "Ireland drawn with France in RWC 2007". Irish Examiner. 12 Mei 2004. Besoek op 28 Oktober 2024.
  26. 26,0 26,1 26,2 26,3 (en) "Tournament Rules". rugbyworldcup.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Oktober 2014. Besoek op 7 Oktober 2014.
  27. (en) "Rush For Rugby World Cup Tickets". xtramsn.co.nz. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 April 2006. Besoek op 12 April 2006.
  28. (en) "One millionth ticket sold for Rugby World Cup 2007". therugbyworldcup.co.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2006. Besoek op 24 Oktober 2006.
  29. (en) "Unprecedented demand for RWC 2007 tickets". rugbyworldcup.com. 9 November 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Januarie 2007. Besoek op 25 Januarie 2007.
  30. (en) "RWC 2007 Worldwide Partners". rugbyworldcup.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2009. Besoek op 29 Junie 2009.
  31. (en) "RWC 2007 Sponsors". rugbyworldcup.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2012. Besoek op 15 Mei 2012.
  32. (en) "Gilbert Rugby Memories". Gilbert. Besoek op 28 Oktober 2024.
  33. (en) "RWC 2007 Suppliers". rugbyworldcup.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Januarie 2012. Besoek op 10 Januarie 2012.
  34. (en) "Officials". Wêreldrugby. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Oktober 2014. Besoek op 8 Oktober 2014.
  35. (en) "Tonga reveal squad for World Cup". BBC. 10 Augustus 2007. Besoek op 28 Oktober 2024.
  36. 36,0 36,1 36,2 36,3 36,4 36,5 36,6 (en) "Statsguru / Test matches / Player records / Rugby World Cup / Tries scored: greater than or equal to 3". ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2018. Besoek op 3 November 2018.
  37. (en) Paul Rees (13 September 2007). "Springboks have returned to the winning mentality of 1999, says Montgomery". The Guardian. Besoek op 28 Oktober 2024.
  38. (en) Bryn Palmer (19 September 2007). "Best and worst of RWC so far (56)". BBC. Besoek op 28 Oktober 2024.
  39. (en) Phil Harlow (16 September 2007). "Samoa v Tonga as it happened". BBC. Besoek op 28 Oktober 2024.
  40. (en) Andy Colquhoun (19 September 2007). "Montgomery to become most capped Springbok". Reuters. Besoek op 28 Oktober 2024.
  41. (en) James Standley (28 September 2007). "England 36–20 Tonga". BBC. Besoek op 28 Oktober 2024.
  42. (en) Rugby News Service (21 Oktober 2007). "Habana named IRB Player of the Year". Wêreldrugby. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2013. Besoek op 10 November 2013.
  43. (en) Joel Fitzpatrick (5 September 2007). "Thretton takes milestone in his stride". rugbyworldcup.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2007. Besoek op 30 September 2007.
  44. (en) John Griffiths (17 Augustus 2009). "John Smit's captaincy record, the most experienced Test side ever and England's oldest clubs". ESPNscrum. Besoek op 28 Oktober 2024.
  45. (en) "Winger Williams set for 50th cap". BBC. 20 September 2007. Besoek op 28 Oktober 2024.
  46. 46,0 46,1 (en) "Crushing defeat finishes Japan's hopes at World Cup". The Japan Times. 22 September 2007. Besoek op 28 Oktober 2024.
  47. (en) "Coach's rocket sparks record Welsh win". rugbyworldcup.com. 26 September 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2011. Besoek op 2 Oktober 2011.
  48. (en) "Canada 12–12 Japan". BBC. 25 September 2007. Besoek op 28 Oktober 2024.
  49. 49,0 49,1 49,2 49,3 49,4 (en) Sean (29 September 2007). "Wales 34–38 Fiji". BBC. Besoek op 28 Oktober 2024.
  50. (en) "New Zealand 76–14 Italy". RTé. 8 September 2007. Besoek op 28 Oktober 2024.
  51. (en) "Three-try Hogg stars as Scotland down Romania at rugby World Cup". The Sydney Morning Herald. Besoek op 28 Oktober 2024.
  52. (en) Julian Shea (18 September 2007). "FULL TIME Scotland 42–0 Romania". BBC. Besoek op 28 Oktober 2024.
  53. (en) Mark Orlovac (19 September 2007). "Italy 31–5 Portugal". BBC. Besoek op 28 Oktober 2024.
  54. (en) Thomas McGuigan (23 September 2007). "Scotland 0–40 New Zealand". BBC. Besoek op 28 Oktober 2024.
  55. (en) Paul Rees (23 September 2007). "No points for Scots, no pleasure from All Blacks". The Guardian. Besoek op 28 Oktober 2024.
  56. 56,0 56,1 (en) Colin Moffat (29 September 2007). "Scotland 18–16 Italy". BBC. Besoek op 28 Oktober 2024.
  57. (en) Rob Hodgetts (7 September 2007). "France 12–17 Argentina". BBC. Besoek op 28 Oktober 2024.
  58. (en) "France hand the All Blacks their first-ever Rugby World Cup pool stage defeat". Planet Rugby. 8 September 2023. Besoek op 28 Oktober 2024.
  59. (en) "Shaky Start From Ireland As Namibia Take The Plaudits". Ierse Rugbyvoetbalunie. 10 September 2007. Besoek op 28 Oktober 2024.
  60. (en) Mark Orlovac (16 September 2007). "France 87–10 Namibia". BBC. Besoek op 28 Oktober 2024.
  61. (en) Martin Untersinger (22 September 2023). "Rugby World Cup 2023: France's record-breaking night against Namibia". Le Monde. Besoek op 28 Oktober 2024.
  62. (en) Rob Hodgetts (22 September 2007). "Argentina 63–3 Namibia". BBC. Besoek op 28 Oktober 2024.
  63. (en) "Georgia clinch historic victory over Namibia". ESPNcricinfo. 26 September 2007. Besoek op 28 Oktober 2024.
  64. (en) James Standley (26 September 2007). "Georgia 30–0 Namibia". BBC. Besoek op 28 Oktober 2024.
  65. (en) James Standley (30 September 2007). "France 64–7 Georgia". BBC. Besoek op 28 Oktober 2024.
  66. (en) "Statsguru / Test matches / Player records / Rugby World Cup / Most individual drop goals in a match". ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 4 Maart 2016.
  67. (en) Jared Wright (9 September 2023). "WATCH: George Ford rockets over THREE drop goals in World Cup opener". Planet Rugby. Besoek op 28 Oktober 2024.
  68. 68,0 68,1 (en) "Referee Honiss set to break world record". rugbyworldcup.com. 19 Oktober 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Februarie 2012. Besoek op 14 Februarie 2012.
  69. (en) Bryn Palmer (30 September 2007). "Irish fall under magician's spell (115)". BBC. Besoek op 28 Oktober 2024.
  70. (en) Neil Treacy (13 Augustus 2023). "The story of the Rugby World Cup: South Africa win in 07 as Ireland collapse". RTé. Besoek op 28 Oktober 2024.
  71. (en) "Argentina 30–15 Ireland". BBC. 30 September 2007. Besoek op 28 Oktober 2024.
  72. (en) "England v Australia: Five classic World Cup clashes". Wêreldrugby. 16 Oktober 2019. Besoek op 28 Oktober 2024.
  73. (en) Phil Harlow (6 Oktober 2007). "England v Australia as it happened". BBC. Besoek op 28 Oktober 2024.
  74. (en) Julian Shea (6 Oktober 2007). "New Zealand 18–20 France". BBC. Besoek op 28 Oktober 2024.
  75. (en) Robert Kitson (26 Oktober 2019). "England dethrone New Zealand to reach Rugby World Cup final". The Guardian. Besoek op 28 Oktober 2024.
  76. (en) "England v Fiji result, Rugby World Cup 2023 quarter-final: England deny Fiji comeback to book semifinal spot". The New Zealand Herald. 15 Oktober 2023. Besoek op 28 Oktober 2024.
  77. (en) "Brian Ashton and the 2007 World Cup: England in revolt". The Flanker. Besoek op 28 Oktober 2024.
  78. (en) Jamie Braidwood (20 Oktober 2023). "Will Jordan makes Rugby World Cup history with semi-final hat-trick". The Independent. Besoek op 28 Oktober 2024.
  79. (en) "Jonny: We gave it our best". Nuus24. 21 Oktober 2007. Besoek op 28 Oktober 2024.
  80. (en) Luke Phillips (22 Oktober 2007). "Rugby: Talking tactics – where the World Cup was won". The New Zealand Herald. Besoek op 28 Oktober 2024.
  81. (en) "Rugby Union – Statsguru – Test matches – Team records". ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Junie 2020. Besoek op 23 Junie 2020.

Verdere leesstof

[wysig | wysig bron]
  • (en) Lance Peatey (2011). In Pursuit of Bill: A Complete History of the Rugby World Cup. New Holland Publishers. ISBN 978-1-74257-191-1.
  • (en) Ian Robertson (12 November 2007). Sweet Chariot 2 – The Complete Book of the Rugby World Cup 2007. Green Umbrella Publishing. p. 192. ISBN 978-1-905828-29-6.
  • (fr) Nicolas Thomas (5 Desember 2007). Coupe du monde de rugby 2007 – le livre officiel. éditions Prolongations. p. 155. ISBN 978-2-916400-26-6.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Rugbywêreldbeker

Australi? / Nieu-Seeland 1987 ? Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1991 ? Suid-Afrika 1995 ? Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1999 ? Australi? 2003 ? Frankryk 2007 ? Nieu-Seeland 2011 ? Engeland / Wallis 2015 ? Japan 2019 ? Frankryk 2023 ? Australi? 2027 ? Verenigde State 2031

父母都没有狐臭为什么孩子会有呢 头晕目眩吃什么药 高三吃什么补脑抗疲劳 脾功能亢进是什么意思 眼底出血用什么眼药水最好
难受是什么意思 什么的雕像 同房时阴道疼痛是什么原因 甘油三脂高是什么意思 腿麻是什么病的前兆
呵呵的含义是什么意思 什么叫一个周期 供奉财神爷有什么讲究 人流复查做什么检查 怀孕了吃什么药能打掉
夏天喝什么茶 日龙包是什么意思 人肉是什么味道 黄精能治什么病 妍五行属性是什么
又什么又什么的草地hcv9jop6ns2r.cn 女人梦到被蛇咬是什么意思hcv8jop6ns1r.cn 什么属相不能摆放大象hcv8jop0ns5r.cn oioi是什么牌子imcecn.com 面黄肌瘦是什么意思bfb118.com
南瓜子不能和什么一起吃imcecn.com 牙痛用什么止痛hcv8jop9ns3r.cn 氨纶是什么hcv8jop9ns8r.cn 过敏性紫癜有什么症状xinmaowt.com 火疖子用什么药xjhesheng.com
荨麻疹吃什么药好creativexi.com 肾结石检查什么项目hcv9jop2ns3r.cn 没有鱼鳞的鱼是什么鱼naasee.com Fish什么意思hcv8jop0ns9r.cn mp5是什么hcv8jop5ns1r.cn
人黄是什么hcv9jop6ns6r.cn 什么外之什么hcv8jop0ns8r.cn 洁癖什么意思weuuu.com 女人大腿内侧黑是什么原因引起的hcv8jop4ns1r.cn 16岁属什么hcv8jop9ns6r.cn
百度