金沙江创投朱啸虎谈VR:你看中的 可能是个假的风口
![]() Kenteken van die Italiaanse nasionale krieketspan | |||||||||||||
Bynaam | Gli Azzurri (“die Hemelbloues”) | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Konferensie | Italiaanse Krieketfederasie (F.CR.I.) | ||||||||||||
Personeel | |||||||||||||
Kaptein | Joe Burns | ||||||||||||
Afrigter | ![]() | ||||||||||||
Internasionale Krieketraad (IKR) | |||||||||||||
IKR-status | Assosiaatlid met T20I-status (1995) | ||||||||||||
IKR-streek | EKR (Europa) | ||||||||||||
| |||||||||||||
Internasionale krieket | |||||||||||||
Eerste internasionale | 15 Julie 1989 t Denemarke in Kopenhagen, Denemarke | ||||||||||||
Krieketwêreldbeker-verskynings | 0/13 | ||||||||||||
Wêreldbeker- kwalifiserings | 2 (eerste in 1997) | ||||||||||||
Beste uitslag | Eerste rondte (in 1997 en 2001) | ||||||||||||
Kampioenetrofee-verskynings | 0/9 | ||||||||||||
Twintig20-internasionale wedstryde (T20Is) | |||||||||||||
Eerste T20I | t ![]() | ||||||||||||
Laaste T20I | t ![]() | ||||||||||||
| |||||||||||||
T20I-wêreldbeker-verskynings | 0/9 | ||||||||||||
T20I-wêreldbeker- kwalifiserings | 4 (eerste in 2012) | ||||||||||||
Beste uitslag | Naaswenner (in 2025) | ||||||||||||
|
Die Italiaanse nasionale krieketspan (Italiaans: Nazionale maschile di cricket dell’Italia) is die nasionale krieketspan wat Itali? in internasionale krieket verteenwoordig. Krieket word in Itali? deur Italiaanse Krieketfederasie (F.CR.I., van Italiaans: Federazione Cricket Italiana) beheer. Hulle staan ook bekend as gli Azzurri (Italiaans vir: “die Hemelbloues”). Savoiblou is die gewone kleur van die nasionale spanne wat Itali? verteenwoordig, aangesien dit die tradisionele kleur van die Huis van Savoje was wat van 1860 tot 1946 oor die Koninkryk Itali? regeer het. Ná die toetslande Engeland en Ierland asook die assosiaatlede Nederland en Skotland is Itali? tradisioneel een van die sterker nasionale Europese krieketspanne.
Itali? het vier keer aan die T20I-wêreldbekerkwalifisering deelgeneem en die 2025-kwalifisering as naaswenner ná Nederland afgesluit, waarmee hulle vir die T20I-wêreldbeker 2026 kon kwalifiseer, hul eerste deelname aan dié toernooi.[4] In dié proses kon hulle onder andere die meermalige deelnemer en gunsteling Skotland vir die eerste keer klop. Daarmee het hulle ná die volle lede Engeland en Ierland, asook die assosiaatlede Nederland en Skotland die vyfde Europese land geword wat vir ’n wêreldbekertoernooi kon kwalifiseer.
In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens word al die T20I-wedstryde wat Itali? ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel as ’n volle T20I erken.[5] Itali? is tans (Julie 2025) 28ste op die Twintig20-wêreldranglys.[6]
Beheerliggaam
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Italiaanse Krieketfederasie.
Die Italiaanse Krieketfederasie (Italiaans: Federazione Cricket Italiana, F.CR.I.) is op 26 November 1980 in Rome as Associazione Italiana Cricket gestig.[7] Dit is verantwoordelik vir die re?l van krieket in Itali? en verteenwoordig sedert 1995 Itali? as ’n assosiaatlid by die Internasionale Krieketraad (IKR).[8] Daarbenewens was die Italiaanse beheerliggaam in 1997 ’n stigtingslid van die Europese Krieketraad. In dieselfde jaar het die beheerliggaam met die aansluiting by die Italiaanse Nasionale Olimpiese Komitee as ’n assosiaatlid sy huidige naam ontvang.[9] Sedert 2024 is die beheerliggaam ’n volle lid van die Italiaanse Nasionale Olimpiese Komitee.[10][11]
Die Italiaanse Krieketfederasie bestuur al die Itali?-verteenwoordigende nasionale spanne, insluitende die mans, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van T20I-reekse teen ander spanne, en die re?l van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is die F.CR.I. verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Italiaanse span.
Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hulle met hul afrigting.[12]
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Beginjare
[wysig | wysig bron]Die vroegste verwysing na krieket in Itali? dateer uit 1793, toe Lord Nelson se seemanne tydens ’n tussenhalte in die hawe van Napels krieket gespeel het.[13] In 1811 is die eerste krieketklub ook in Neapel gestig.[14] Hierdie klub is deur Kolonel Maceroni gestig om die baie uitgewykenes, beide militêre en burgerlikes, vermaak te bied.[15]
Britse seelui, wat by die Genuese hawe aangedoen het, het rondom 1890 die in die Verenigde Koninkryk reeds gevestigde krieket aan Itali? bekendgestel. Maar vanaf die begin is dit deur sokker oorskadu en was ’n nissport. Daar word vermoed dat die Britte aanvanklik veral onder mekaar verkeer het. Hulle het verskeie krieket- en sokkerklubs gestig, waaronder in 1893 die eerste Italiaanse Genoa Krieket- en Sokkerklub as die Genoa Krieket & Atletiekklub en in 1899 AC Milan as die Milaanse Krieket- en Sokkerklub. Hierdie klubs het egter weggedoen met krieket en hulle op sokker toegespits. Met die opkoms van fascisme en die gelyktydige afname van immigrante in Itali? in die 1920’s en 1930’s het die gewildheid van die sport egter afgeneem en amper heeltemal verdwyn.[13][14]
Ná die Tweede Wêreldoorlog is die Italiaanse krieket herleef.[13] Dit het in die 1960’s gelei tot dit stigting van ’n aantal nuwe krieketklubs.[14] In dié dekade het krieket in Rome gefloreer op ’n uitstekende veld wat vanaf die Villa Doria Pamphilj oor die Sint Pieterskerk uitgekyk het. Die Australiese en Britse ambassades, die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbouorganisasie, die Britse Statebond se Oorlogsgrafkommissie, die Eerwaardige Engelse Kollege en Beda-kollege het almal met hul spanne om die Romeinse As meegeding totdat in die 1970’s die Villa in ’n openbare park omskep is.[13][16] In 1964 het Australi? tydens sy 1964-toer om die As na Engeland vir ’n wedstryd ’n tussenhalte in Rome gemaak.[14][15]
Toe krieket in Rome aan die einde van die 1970’s op ander velde hervat is, het vier van die Villa Doria Pamphilj-veld se spelers in 1980 die Doria Pamphili-krieketklub gestig: die Italiaans-Sri Lankaanse Francis Alphonsus Jayarajah, die Italiaans-Indiese Massimo da Costa, die Australiese Desmond O’Grady en die Siri?r Issam Kahale.[17] In dieselfde tydperk is ook ietwat krieket in Noord-Itali? gespeel. In 1972 is die Milaanse Krieketklub gestig[18] en in 1981 die Euratom Krieketklub.
Die nasionale span se eerste jare
[wysig | wysig bron]Op 26 November 1980 is in Rome die Italiaanse Krieketfederasie (Italiaans: Federazione Cricket Italiana, F.CR.I.) as die Associazione Italiana Cricket gestig[7][13] en hulle het in 1984 ’n geaffilieerde lid van die Internasionale Krieketkonferensie (IKK; nou Internasionale Krieketraad, IKR) geword en is in 1995 tot assosiaatlid gepromoveer.[14][19] In 1983 is die Italiaanse Krieketkampioenskap vir die eerste keer beslis.[20] Francis Alphonsus Jayarajah was sowel by die stigting van die nasionale beheerliggaam betrokke asook die Italianers se eerste kaptein.[21] Hy was die eerste persoon van kleur wat Itali? in enige sport aangevoer het.[22]
Die Italiaanse span se eerste gedokumenteerde wedstryd was tydens hul eerste toer in 1984 na die Verenigde Koninkryk,[14] waartydens hulle in Augustus ’n week se krieket teen plaaslike Londense krieketklubs gespeel het, wat met ’n nederlaag teen die Enfield-krieketklub begin het, maar hulle kon dié toer afsluit met hul eerste oorwinning in die laaste wedstryd oor Noord-Middlesex-krieketklub. In 1989 het die Italianers vir hul eerste internasionale wedstryd Denemarke besoek, waartydens die Dene 438 lopies aangeteken en dié eendagwedstryd met 409 lopies gewen het. Die eerste internasionale toernooi, waaraan Itali? deelgeneem het, was die Europese Krieketbeker in Engeland in 1992. Een jaar later het die span aan die Europese Nasiesbeker deelgeneem en die Marylebone-krieketklub (MCC) het Itali? besoek. In 1995 het die Italieners in Argentini? in ’n tweedaagse wedstryd onbeslis gespeel en die eendagwedstryd met vyf paaltjies gewen. In dieselfde jaar het hulle Israel gehuisves en albei eendagwedstryde gewen.[14]
Ná jare se wedstryde teen buurlande soos Duitsland en Frankryk het Itali? in 1996 aan die eerste Europese Kampioenskap in Denemarke deelgeneem en die sewende plek behaal nadat hulle Israel in die uitspeelwedstryd verslaan het.[14][23] In dieselfde jaar het die span Namibi? besoek, maar die driedaagse wedstryd met ’n beurt en ook albei eendagwedstryde verloor. In 1997 het die beheerliggaam met die aansluiting by die Italiaanse Nasionale Olimpiese Komitee as ’n assosiaatlid sy huidige naam ontvang[9][20] en in dieselfde jaar het hulle by die vastelandse beheerliggaam Europese Krieketraad (European Cricket Council, ECC) aangesluit.[14] Aan die destyds IKR-trofee genoemde krieketwêreldbekerkwalifisering kon Itali?, nadat hulle in 1995 ’n assosiaatlid van die IKR geword het, in 1997 in Maleisi? vir die eerste keer deelneem. Die Italianers het egter swak vertoon en onder 22 deelnemers die laaste plek met Israel gedeel.[14][24] Die daaropvolgende jaar se Europese Kampioenskap het hulle in die sesde plek ge?indig, nadat hulle in die uitspeelwedstryd een van die grootste verrassende oorwinnings in die krieketgeskiedenis aangeteken het deur Engeland XI te verslaan.[25][26] Ook in 1998 het die MCC Itali? besoek.[14]
In 1999 het Itali? in Gibraltar saam met die gasheer, Frankryk en Israel aan ’n vierhoekige toernooi deelgeneem.[27] Hulle het die toernooi gewen deur Gibraltar in die eindstryd te verslaan.[14][28] Tydens die Europese Kampioenskap in die volgende jaar het hulle die afdeling een in die vyfde plek afgesluit[14][29] en sou vervolgens deelneem aan die IKR-trofee 2001, die Krieketwêreldbeker 2003-kwalifiseringstoernooi, maar hulle het hulleself in die laaste minuut voor dié toernooi onttrek weens ’n geskil oor die geskiktheid van vier spelers wat deur hul geboorte Italiaanse burgers was, maar nie in Itali? gebly het nie. Een jaar later is hierdie geskil opgelos, nadat die IKR burgerskap as ’n voorwaarde erken het om vir die nasionale span te verskyn.[14][15][30]
Die Europese Kampioenskap 2002 se afdeling een het Itali? in die sesde plek afgesluit,[14][31] waarmee hulle na die afdeling twee gerelegeer is wat hulle in 2004 dadelik kon wen.[14][32] Daarmee het die Italianers vir die IKR-trofee 2005 se uitspeelrondte vroeg in 2005 in Kuala Lumpur, Maleisi?, gekwalifiseer, wat deel was van die Krieketwêreldbeker 2007-kwalifisering. Hulle het dié toernooi in die sewende plek afgesluit nadat hulle Zambi? in die uitspeelwedstryd geklop het.[14][33]
Hulle het in die Europese Kampioenskap 2006 se afdeling een die vyfde plek beklee.[14][34] In Mei–Junie 2007 het die span Darwin besoek vir die Wêreldkrieketliga se afdeling drie, wat deel was van die Krieketwêreldbeker 2011-kwalifisering. Hulle het die sewende plek behaal nadat hulle Fidji in die uitspeelwedstryd verslaan het en daarmee na die Wêreldkrieketliga 2008 se afdeling vier gerelegeer is, wat hulle in die derde plek afgesluit het,[14] waarmee hulle vir die Wêreldkrieketliga 2009–14 in dié afdeling 2010 aangebly het.[35] Dit is in die Emilia-Romagna-streek beslis en die gasheer het die eindstryd gehaal, maar teen die Verenigde State met agt paaltjies vasgeval.[36] Gevolglik is die Italieners na die Wêreldkrieketliga 2011 se afdeling drie gepromoveer, waar hulle die vierde plek beklee en daarmee vir die Wêreldkrieketliga 2013 in dié afdeling aangebly het.[37] Die span het die kans gehad om vir die Krieketwêreldbeker 2015 te kwalifiseer as hulle die Wêreldkrieketliga 2013 se afdeling drie onder die twee beste spanne afsluit en daarna tydens die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2013 dieselfde uitslag behaal. Itali? het dié toernooi op ’n bemoedigende manier begin met oorwinnings oor Oman (met nege paaltjies) en die Verenigde State (met agt lopies), waarop egter nederlae gevolg het, eers naelskraap teen Ierland (met twee paaltjies) en toe swakker teen Kenia (met sewe paaltjies). Nadat hulle die toernooi in die laaste plek afgesluit en in die uitspeelwedstryd om die vyfde plek teen Oman vasgeval het, is hulle na die Wêreldkrieketliga 2014 se afdeling vier gerelegeer.[38]
In Maart 2012 het die Italianers in die Verenigde Arabiese Emirate aan die T20I-wêreldbeker 2012-kwalifisering deelgeneem, destyds hul hoogste vlak van internasionale deelname. Ná oorwinnings oor Oman, die Verenigde State en Uganda het hulle die uitspeelwedstryd om die negende plek gehaal, maar teen Kenia vasgeval.[39] Een jaar later het hulle die T20I-wêreldbeker 2014-kwalifisering in die negende plek afgesluit ná oorwinnings oor die Verenigde State, asook die hoer geplaaste opponente die Verenigde Arabiese Emirate en Namibi? in die uitspeelwedstryd om die negende plek.[40]
Tydens die Wêreldkrieketliga 2014 se afdeling vier het die span die uitspeelwedstryd om die derde plek gehaal, maar teen Denemarke vasgeval, waarmee hulle in die Wêreldkrieketliga 2016 se afdeling vier aangebly het. Dit het hulle in die sesde plek afgesluit, waarmee hulle die Krieketwêreldbeker 2019 misgeloop het en na die Wêreldkrieketliga 2017 se afdeling vyf gerelegeer is. Daar het die Italianers die halfeindstryd gehaal, maar teen Vanuatu vasgeval, waarna hulle die uitspeelwedstryd om die derde plek teen Katar verloor het.[41] Daarmee is die span gerelegeer na afdeling vyf, wat later die Uitdaagliga 2019–2022 geword het. Dit was een van die Krieketwêreldbeker 2023 se kwalifiseringstoernooie.[42]
Eerste wêreldbekerdeelname
[wysig | wysig bron]In April 2018 het die wêreldbeheerliggaam IKR aan al sy lede volle T20I-status toegeken. Vervolgens word al die T20I-wedstryde tussen Itali? en ander IKR-lede sedert 1 Januarie 2019 as ’n volle T20I erken.[5] In September 2018 het Itali? van die Europese T20I-wêreldbekerkwalifisering 2019 se Groep B gekwalifiseer en die plaaslike kwalifiseringseindrondte vir die T20I-wêreldbeker 2021 gehaal.[43] Op 25 Mei 2019 het Itali? tydens ’n reeks van twee wedstryde teen Duitsland in Utrecht in sy eerste T20I-wedstryd gespeel en met sewe paaltjies gewen. Nadat hulle die tweede wedstryd met ses paaltjies gewen het, het hulle dié reeks met 2–0 beklink.[44] Hierdie wedstryde het ook as ’n voorbereiding gedien op die Europese T20I-wêreldbekerkwalifisering 2018/19 se streekseindstryde in Junie 2019. Tydens dié Europese T20I-wêreldbekerkwalifisering in Guernsey het Itali? ná twee oorwinnings en drie nederlae die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2019 vir die T20I-wêreldbeker 2021 misgeloop.[45][46]
Tydens die Europese T20I-wêreldbekerkwalifisering 2021 het Itali? weens ’n swakker lopietempo teenoor Duitsland met sy derde plek die T20I-wêreldbeker 2022-kwalifisering misgeloop.[47] Die Spaanse Drienasiesreeks 2022/23, waaraan ook Duitsland en die gasheer deelgeneem het, het Itali? ná slegs een oorwinning in die laaste plek afgesluit.[48] Van Augustus 2019 af het die Italianers aan die Krieketwêreldbeker-uitdaagliga 2019–2022 deelgeneem,[49] waar hulle die vyfde plek behaal het en daarmee in die Uitdaagliga-uitspeelrondte 2024 om ’n plek in die Uitdaagliga 2024–2026 vir die Krieketwêreldbeker 2027-kwalifisering gespeel, waarin hulle geslaag het.[50]
In 2023 is daar berig dat Itali? ’n strategie gevolg het om professionele krieketspelers uit Australi? en Engeland te werf om in die plaaslike eindrondte van die Europese kwalifisering 2022–23 vir die T20I-wêreldbeker 2024 te speel. Dié rekrute, hoewel hulle Italiaanse paspoorte besit en aan die IKR-regulasies voldoen om vir die land te verskyn, het moontlik slegs swak direkte verbintenisse met Itali?. Van hierdie spelers sluit in die Suid-Afrikaans-gebore Wayne Madsen, asook die in Australi? geborenes Spencer Johnson en Ben Manenti. Al hierdie spelers het vanwe? hul voorsate vir die nasionale span gekwalifiseer.[51] Tydens die T20I-wêreldbeker 2024-kwalifisering het Duitsland die twee gevestigde krieketlande Ierland en Skotland ontmoet, maar ook ander opkomende spanne soos Denemarke, Itali?, Jersey en Oostenryk. Tydens dié kwalifisering is twee plekke vir die hooftoernooi beslis.[52] Hulle kon egter nie vir die hooftoernooi kwalifiseer nie, nadat die twee gunstelinge Ierland en Skotland die twee plekke bespreek het.[53]
Ná die opname van krieket in die Olimpiese Somerspele 2028 in Los Angeles se program het die Italiaanse Krieketfederasie op 11 Julie 2024 ’n volle lid van die Italiaanse Nasionale Olimpiese Komitee geword.[10][10] Reeds een maand vroe?r het Itali? vir die eerste keer ’n wêreldbekerkwalifisering gehuisves en die Europese T20I-wêreldbeker 2026-kwalifisering A in Rome aangebied.[54] Die gasheer het onoorwonne die eindstryd gehaal, waarin hulle ’n maklike oorwinning oor Roemeni? kon aanteken (met 160 lopies), nadat Joe Burns die eerste T20I-honderdtal vir Itali? aangeteken het.[55] Daarmee het die span die Europa-kwalifisering 2025 gehaal.[56] Tydens dié kwalifiseringstoernooi in Nederland het die Italianers Guernsey geklop, terwyl die wedstryd teen Jersey uitgere?n is, waarna hulle ’n verrassende oorwinning oor Skotland kon aanteken, waarmee hulle vir die T20I-wêreldbeker 2026 gekwalifiseer het, gelyk aan hul eerste deelname aan ’n wêreldbekertoernooi ooit.[57] Die Italiaanse afrigtingspan sluit ervare voormalige internasionale krieketspelers in soos die Ierse Kevin O’Brien, die Kanadese John Davison en die Skotse Dougie Brown wat al drie tydens die Krieketwêreldbeker 2007 vir hul onderskeie nasionale krieketspan verskyn het.[58][59]
Kleure, embleem en bynaam
[wysig | wysig bron]Die Italiaanse span speel nie in die kleure van die nasionale vlag nie, maar in blou, as ’n huldeblyk aan die koninklike familie van die Huis van Savoje wat onder andere die Koninkryk Itali? regeer het. Die span se bynaam gli Azzurri (“die Hemelbloues”) is soos dié van die Italiaanse rugby- en sokkerspanne afgelei van die hemelblou trui.
Voor elke wedstryd van die Italiaanse nasionale krieketspan word Il Canto degli Italiani (Italiaans vir: “Die Lied van die Italianers”), die Italiaanse volkslied, gespeel. In Itali? staan dié volkslied ook as L’inno di Mameli ("Mameli se volkslied") bekend, en verwys na die outeur van die lirieke, Goffredo Mameli.[60]
Die embleem van Itali? toon ’n paaltjie in die Italiaanse vlagkleure (groen, wit en rooi) en daarvoor ’n kolwer.
Tuisstadions
[wysig | wysig bron]Itali? beskik oor geen amptelike tuisstadion vir sy nasionale span nie. Die Italiaanse nasionale krieketspan gebruik vir hul krieketwedstryde eerder ’n verskeidenheid stadions dwarsdeur Itali?:
No. | Stadion | Plek | Eerste wedstryd |
---|---|---|---|
1 | Roma-krieketveld | Rome | 9 Augustus 2021 |
2 | Jesselton-krieketveld | Jesolo | onbekend |
3 | Simar-krieketveld | Palermo | 9 Junie 2024 |
Spelers
[wysig | wysig bron]Spelerstatistieke
[wysig | wysig bron]Daar het altesaam 45 spelers T20I-krieket vir Itali? gespeel. Vervolgens die spelers wat vir die Italiaanse span die meeste lopies aangeteken en die meeste paaltjies geneem het.
Lopies
[wysig | wysig bron]T20I | |||
---|---|---|---|
Speler | Tydperk | T20Is | Lopies |
Marcus Campopiano | 2022–hede | 22 | 463 |
Grant Stewart | 2021–hede | 17 | 429 |
Joy Perera | 2019–2022 | 18 | 367 |
Justin Mosca | 2022–hede | 17 | 364 |
Anthony Mosca | 2022–hede | 15 | 364 |
Korrek teen: 11 Julie 2025[61] |
Paaltjies
[wysig | wysig bron]T20I | |||
---|---|---|---|
Speler | Tydperk | T20Is | Paaltjies |
Harry Manenti | 2022–hede | 18 | 34 |
Jaspreet Singh | 2019–hede | 24 | 21 |
Gareth Berg | 2021–2024 | 19 | 20 |
Crishan Kalugamage | 2022–hede | 15 | 16 |
Stefano di Bartolomeo | 2023–2024 | 7 | 13 |
Korrek teen: 11 Julie 2025[62] |
Spankapteins
[wysig | wysig bron]Tot op hede was ses spelers reeds die kaptein vir Itali? tydens ’n T20I-wedstryd.[63]
T20I[64] | ||
---|---|---|
No. | Naam | Tydperk |
1 | Gayashan Munasinghe | 2019 |
2 | Gareth Berg | 2021–2024 |
3 | Gian-Piero Meade | 2022 |
4 | Harry Manenti | 2022 |
5 | Marcus Campopiano | 2022–2024 |
6 | Joe Burns | 2025–hede |
Rekords
[wysig | wysig bron]Krieketwêreldbekerrekord
[wysig | wysig bron]Jaar | Uitslag |
---|---|
1975 | Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie |
1979 | Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie |
1983 | Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie |
1987 | Nie in aanmerking nie – geaffilieerde lid |
1992 | Nie in aanmerking nie – geaffilieerde lid |
1996 | Nie in aanmerking nie – geaffilieerde lid |
1999 | Nie gekwalifiseer nie |
2003 | Nie gekwalifiseer nie |
2007 | Nie gekwalifiseer nie |
2011 | Nie gekwalifiseer nie |
2015 | Nie gekwalifiseer nie |
2019 | Nie gekwalifiseer nie |
2023 | Nie gekwalifiseer nie |
2027 | N.v.t. |
2031 | N.v.t. |
Kampioenetrofeerekord
[wysig | wysig bron]Jaar | Uitslag |
---|---|
1998 | Nie gekwalifiseer nie |
2000 | Nie gekwalifiseer nie |
2002 | Nie gekwalifiseer nie |
2004 | Nie gekwalifiseer nie |
2006 | Nie gekwalifiseer nie |
2009 | Nie gekwalifiseer nie |
2013 | Nie gekwalifiseer nie |
2017 | Nie gekwalifiseer nie |
2025 | Nie gekwalifiseer nie |
2029 | N.v.t. |
T20I-rekord teen ander lande
[wysig | wysig bron]Opponent | Wedstryde | Gewen | Verloor | Gelykop | Onbeslis | % Gewen | Eerste T20I-oorwinning | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
t. Toetslande | ||||||||||||||
![]() |
1 | 0 | 1 | 0 | 0 | 0,00 | – | |||||||
t. Assosiaatlede | ||||||||||||||
![]() |
5 | 3 | 1 | 0 | 1 | 60,00 | 15 Oktober 2021 | |||||||
![]() |
8 | 5 | 3 | 0 | 0 | 62,50 | 25 Mei 2019 | |||||||
![]() |
1 | 1 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 13 Julie 2022 | |||||||
![]() |
1 | 1 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 10 Junie 2024 | |||||||
![]() |
1 | 1 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 12 Julie 2022 | |||||||
![]() |
2 | 2 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 16 Junie 2019 | |||||||
![]() |
4 | 1 | 3 | 0 | 0 | 25,00 | 23 Julie 2023 | |||||||
![]() |
1 | 1 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 16 Julie 2022 | |||||||
![]() |
1 | 1 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 9 Junie 2024 | |||||||
![]() |
2 | 2 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 19 Julie 2022 | |||||||
![]() |
1 | 0 | 1 | 0 | 0 | 0,00 | – | |||||||
![]() |
1 | 1 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 15 Junie 2019 | |||||||
![]() |
1 | 1 | 0 | 0 | 0 | 83,33 | 16 Junie 2024 | |||||||
![]() |
2 | 1 | 1 | 0 | 0 | 50,00 | 9 Julie 2025 | |||||||
![]() |
2 | 1 | 1 | 0 | 0 | 50,00 | 6 November 2022 | |||||||
![]() |
1 | 1 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 15 Julie 2022 | |||||||
![]() |
1 | 1 | 0 | 0 | 0 | 0,00 | 13 Junie 2024 | |||||||
Algeheel | 36 | 24 | 11 | 0 | 1 | 66,67 | 25 Mei 2019 | |||||||
Rekords volledig tot en met T20I #3309 op 12 Julie 2025. Gelykop verwys na wedstryde wat deur ’n valbyl (soos ’n Superboulbeurt) beslis is. Wenpersentasies sluit geen uitslae uit en gelykop as ’n halwe oorwinning (ongeag die valbyl).[65] |
T20I-wêreldbekerrekord
[wysig | wysig bron]Jaar | Uitslag |
---|---|
2007 | Nie gekwalifiseer nie |
2009 | Nie gekwalifiseer nie |
2010 | Nie gekwalifiseer nie |
2012 | Nie gekwalifiseer nie |
2014 | Nie gekwalifiseer nie |
2016 | Nie gekwalifiseer nie |
2021 | Nie gekwalifiseer nie |
2022 | Nie gekwalifiseer nie |
2024 | Nie gekwalifiseer nie |
2026 | gekwalifiseer |
2028 | N.v.t. |
2030 | N.v.t. |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
- ↑ (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
- ↑ (en) "T20I matches – 2025 Team records". ESPNcricinfo.
- ↑ (en) "Italy and Netherlands qualify for the Men's T20 World Cup 2026". Internasionale Krieketraad. 11 Julie 2025. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ 5,0 5,1 (en) "All T20 matches between ICC members to get international status". Internasionale Krieketraad. 26 April 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2023. Besoek op 3 Oktober 2023.
- ↑ (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 11 Julie 2025. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ 7,0 7,1 (it) Simone Gambino (2020). Gli anni clandestini. Il cricket italiano dalla nascita fino al riconoscimento da parte del CONI. Monterotondo: Fuorilinea. p. 42. ISBN 978-88-96551-73-8.
- ↑ (en) "Cricket Italia". Internasionale Krieketraad. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ 9,0 9,1 (it) "Statuto federale" (PDF). Italiaanse Krieketfederasie. 2019. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ 10,0 10,1 10,2 (en) "The FCRI Becomes the National Sports Federation". Italiaanse Krieketfederasie. 11 Julie 2024. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (it) "Federazione Cricket Italiana". Italiaanse Nasionale Olimpiese Komitee. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (it) "Gioca a cricket". Italiaanse Krieketfederasie. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ 13,0 13,1 13,2 13,3 13,4 (en) Desmond O’Grady. "Cricket Italian-style with a spice of Aussie talent". Italy Down Under. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Februarie 2006. Besoek op 13 Februarie 2006.
- ↑ 14,00 14,01 14,02 14,03 14,04 14,05 14,06 14,07 14,08 14,09 14,10 14,11 14,12 14,13 14,14 14,15 14,16 14,17 14,18 (en) "A Timeline of Italian Cricket". Europese Krieketraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Februarie 2011. Besoek op 17 Februarie 2011.
- ↑ 15,0 15,1 15,2 (en) Roy Morgan (Oktober 2020). "Italy". Europese Krieketraad. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) Lombardo, Ilario; Fasola, Giacomo; Moscatelli, Francesco (10 Oktober 2013). Italian Cricket Club. Benezit Dictionary of Artists. ADD Editore. ISBN 9788867830541. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) "The European Club Cricket Tournament Rome Capanelle CC (Italy) squad". The European Club Cricket Tournament. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) "Milaanse Krieketklub". Milaanse Krieketklub. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) "Italy". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 4 Maart 2016.
- ↑ 20,0 20,1 (it) "Storia della Federazione". Italiaanse Krieketfederasie. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) "May 2017". Italy on this Day. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (it) Mauro Valeri (2006). Black Italians: atleti neri in maglia azzurra : l'Italia multirazziale. Palombi. ISBN 88-6060-039-1.
- ↑ (en) "1996 European Championship". Europese Krieketraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Julie 2008. Besoek op 5 Julie 2008.
- ↑ (en) "1997 ICC Trophy". ESPNcricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Maart 2007. Besoek op 12 Maart 2007.
- ↑ (en) "1998 European Championship". Europese Krieketraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Julie 2008. Besoek op 9 Julie 2008.
- ↑ (en) "European Cricket Championships, July 1998". ESPNcricinfo. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) "1999 Gibraltar quadrangular". ESPNcricinfo. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) "Scorecard of Gibraltar v Italy, 25 September 1999". ESPNcricinfo. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) "2000 European Championship". Europese Krieketraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Julie 2008. Besoek op 5 Julie 2008.
- ↑ (en) "Italy Withdraws from ICC Trophy". ESPNcricinfo. 25 Junie 2001. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) "2002 European Championship". Europese Krieketraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Januarie 2009. Besoek op 6 Januarie 2009.
- ↑ (en) "2004 European Championship Division Two". Europese Krieketraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Julie 2009. Besoek op 1 Julie 2009.
- ↑ (en) "Scorecard of Italy v Zambia, 27 February 2005". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2018. Besoek op 12 Junie 2018.
- ↑ (en) "2006 European Championship Division One". Europese Krieketraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Maart 2011. Besoek op 8 Maart 2011.
- ↑ (en) Andrew Nixon (2 Junie 2007). "Uganda lift Division Three title". Europese Krieketraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2011. Besoek op 24 Mei 2011.
- ↑ (en) "Cush century takes USA to title triumph". ESPNcricinfo. 21 Augustus 2010. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) "Hong Kong take title". ESPNcricinfo. 29 Januarie 2011. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) "Airee, Vesawkar carry Nepal to Div 3 title". ESPNcricinfo. 6 Mei 2013. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) "Scotland claim fifth in dramatic finish". ESPNcricinfo. 23 Maart 2012. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) "Hong Kong, Netherlands through to World T20". ESPNcricinfo. 28 November 2013. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) Tim Pryor (9 September 2017). "World Cricket League: Jersey crowned Division Five champions in South Africa". BBC. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) Peter Della Penna (20 Oktober 2018). "Associates pathway to 2023 World Cup undergoes major revamp". ESPNcricinfo. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) "Italy secure place in European final". Europese Krieketraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 September 2018. Besoek op 3 September 2018.
- ↑ (en) "Germany v Italy T20I Series in Netherlands, 2019". CricBuzz. 25 Mei 2019. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) "Jersey's cricketers reach T20 World Cup qualifier after thriller". ITV News. 20 Junie 2019. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) Dan Kelly (28 Junie 2019). "European T20 Qualification Review". Emerging Cricket. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) Jonathan Harding (21 Oktober 2021). "Germany's men make T20 cricket history". Deutsche Welle. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) "Spain Triangular T20I Series, 2022–23". CricBuzz. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) "All to play for in last ever World Cricket League tournament". Internasionale Krieketraad. 11 April 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Julie 2023. Besoek op 19 Julie 2023.
- ↑ (en) "Italy prevail in heart-stopping Battle of Bangi to re-claim Challenge League spot". Internasionale Krieketraad. 3 Maart 2024. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) Matt Roller (22 Februarie 2023). "Johnson, Madsen, Manenti sign up for Berg's Italian Job". ESPNcricinfo. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) "Twelve teams to get automatic entry into 2024 men's T20 World Cup". ESPNcricinfo. 10 April 2022. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) "Ireland and Scotland seal their place in 2024 Men's T20 World Cup". ESPNcricinfo. 27 Julie 2023. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) "Italy, Germany, Denmark set to host ICC event for first-time ever in 2024". Asian News International. 14 Desember 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Desember 2023. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) "2026 World Cup T20 Qualifiers: Italy triumphs. The Azzurri advance to the second regional round". Italiaanse Krieketfederasie. 16 Junie 2024. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) "Italy advance in Men's T20 World Cup 2026 Qualification after victory in Rome". Internasionale Krieketraad. 17 Junie 2024. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) "Italy make history by qualifying for 2026 T20 World Cup". ESPNcricinfo. 11 Julie 2025. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) S Sudarshanan (22 Julie 2025). "New skies for the Azzuri: Italy's long road to T20 World Cup qualification". ESPNcricinfo. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) "Awesome Azzurri: How Italy stunned Europe, T20 World Cup hopes and building a cricket legacy". Internasionale Krieketraad. 22 Julie 2025. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) "The Anthem". President van die Italiaanse Republiek. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) "Records / Italy / Twenty20 Internationals / Most Runs". ESPNcricinfo. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) "Records / Italy / Twenty20 Internationals / Most Wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ Die tydperk verwys na die ooreenstemmende krieketseisoen waarin die eerste of laaste wedstryd van die tyd as kaptein gespeel is.
- ↑ (en) "Records / Italy / Twenty20 Internationals / List of Captains". ESPNcricinfo. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ (en) "Records / Italy / Twenty20 Internationals / Result summary". ESPNcricinfo. 12 Julie 2025. Besoek op 23 Julie 2025.
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- (it) Simone Gambino (2020). Gli anni clandestini. Il cricket italiano dalla nascita fino al riconoscimento da parte del CONI. Monterotondo: Fuorilinea. ISBN 978-88-96551-73-8.
- (it) Simone Gambino (2023). Ius sanguinis, ius soli. Il cricket, la fucina dei nuovi italiani. Monterotondo: Fuorilinea. ISBN 979-1-281-11613-9.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Italiaanse nasionale krieketspan. |