什么叫私人会所| 黄精是什么东西| 骨骼惊奇什么意思| fbi是什么| 标的是什么| 供奉财神爷有什么讲究| 禾加比读什么| 四大天王是什么生肖| 肺部肿瘤3cm什么期| 中元节会开什么生肖| 书犹药也下一句是什么| 西布曲明的危害及副作用分别是什么| 上午右眼皮跳什么预兆| 骨质疏松是什么意思| 孕期心情不好对胎儿有什么影响| 唐僧的袈裟叫什么| 女孩月经不规律是什么原因| 特诊科是什么意思| 知了什么| 不什么而什么| 肚子硬是什么原因| 吃什么能去湿气最好| 痰湿中阻吃什么中成药| 月抛是什么意思| 为什么打嗝| 浙大校长什么级别| 紧急避孕药什么时候吃最有效| bcc是什么意思| 美女是什么生肖| 双鱼座上升星座是什么| 取是什么意思| 夏天适合吃什么水果| 起水泡痒是什么原因| 无水酥油是什么油| 做什么梦暗示你怀孕了| 睡醒手麻是什么原因引起的| 邓绥和阴丽华什么关系| 长宽高用什么字母表示| 养流浪猫需要注意什么| 意见是什么意思| 曹字五行属什么| 吃什么菜对眼睛好| 男人说做朋友代表什么| 大便酸臭味是什么原因| 老而弥坚是什么意思| 动爻是什么意思| 俄罗斯特工组织叫什么| 皮笑肉不笑是什么生肖| 胃肠紊乱吃什么药| 过三关 是什么意思| 美团外卖和美团有什么区别| 疱疹性咽峡炎吃什么药| 痢疾是什么原因引起的| 云南白药植物长什么样| 儿童过敏性咳嗽吃什么药| 牵牛花是什么颜色| 梦见请客吃饭是什么意思| 瓜蒌是什么东西| 18岁是什么年华| 漏尿是什么原因引起的| 为什么会得卵巢肿瘤| 早上屁多是什么原因造成的| 什么东西可以止痒| 什么叫有氧运动| 女生排卵期是什么时候| ssg是什么意思| 金是什么颜色| 护肝养肝吃什么药| 监督是什么意思| 肝挂什么科| 多汗症是什么原因| 女人脸肿是什么原因引起的| 什么降血糖| 水蛭是什么动物| 半月板后角变性什么意思| 怀孕的脉象是什么样的| 云南有什么好吃的| 74年属什么的生肖| 狗上皮过敏是什么意思| 大姨妈来吃什么好| 支原体感染是什么症状| 执业医师是什么意思| 芒果过敏用什么药| 新生儿痤疮是什么引起的| 吃什么补肾精| 京东自营是什么意思| 公费是什么意思| hk什么意思| 梦见别人杀人是什么预兆| 股票解禁是什么意思| 青海有什么特产| 体育总局局长什么级别| 830是什么意思| 男人梦见蛇是什么预兆| 蓝色加红色是什么颜色| 禾加末念什么| 圣诞节适合送什么礼物| 腺管瘤是什么| ih医学上是什么意思| 偷窥是什么意思| 微量元素检查挂什么科| 什么是子宫憩室| 青色是什么颜色| 生物工程学什么| 智齿疼吃什么药| 沈殿霞为什么地位高| 99年发生了什么事情| 什么的劝告| 荆棘是什么植物| 口腔上颚疼是什么原因| 留低是什么意思| 痘痘反复长是什么原因| 自理是什么意思| 磁共振和ct有什么区别| 干咳吃什么药最有效| 手机有什么品牌| 4月26日是什么星座| 宫颈粘膜慢性炎是什么意思| 肝右叶钙化灶什么意思| 胃气胃胀吃什么药最好| 什么是胶原蛋白| 原发性高血压什么意思| 人为什么会中暑| 老有眼屎是什么原因| 粘是什么意思| 侏儒症是什么原因引起的| 梦见上楼梯是什么意思| 朋友圈提到了我是什么意思| 老年人头晕是什么原因| 头发为什么长不长| 岭南是什么地方| 小孩咳嗽流鼻涕吃什么药效果好| 一月25号是什么星座| 检查肝脏应该挂什么科| 鹅蛋不能和什么一起吃| 脖子疼是什么原因| 人工周期是什么意思| 什么是视同缴费| 阳历是什么| 医托是什么意思| 奔跑吧 什么时候开播| roa是什么胎位| 怀孕了吃什么药能打掉| 乙肝表面抗原高是什么意思| 邪不压正什么意思| 籽字五行属什么| 4级手术是什么意思| 情节是什么| 心慌气短胸闷吃什么药| 血糖低怎么办吃什么补| 人造棉是什么面料| 飞天奖是什么奖| 做空是什么意思啊| 骨质增生是什么原因引起的| 杨贵妃属什么生肖| 猫打什么疫苗| 脚气应该挂什么科| 正月十八是什么日子| 三顾茅庐的顾是什么意思| 南瓜什么季节成熟| 吃什么东西可以长高| 脾胃有火是什么症状| 残骸是什么意思| 右肾结晶是什么意思| 阳虚吃什么中成药| 卵巢囊肿吃什么食物好| 宫颈口出血是什么原因| 大姨妈有血块是什么原因| 母猫怀孕有什么症状| 什么是百慕大三角| 腰间盘突出压迫神经腿疼吃什么药| 为什么身上会长脂肪瘤| 八面玲珑代表什么生肖| 餐标是什么意思| 毕业送什么花| 取什么补什么| 涩是什么意思| 五七是什么意思有什么讲究| 辣条吃多了有什么危害| 不什么声什么| 大便少是什么原因| 舌头痛吃什么药| 钙片什么时候吃最好吸收| 为什么一同房就出血| 师长是什么意思| 头发痒是什么原因| 亲嘴什么感觉| 体脂是什么意思| 父亲是o型血孩子是什么血型| 脚趾缝痒用什么药| 脑梗吃什么中药| 松树像什么| 腻歪什么意思| 抛砖引玉是什么生肖| 九月二十四号是什么星座| 微笑是什么意思| 一直鼻塞是什么原因| 尿粘液丝高是什么原因| 胰腺最怕什么| 肚子经常胀气是什么原因| 打狗看主人打虎看什么答案| 蟋蟀是靠什么发声的| 姜子牙属什么生肖| gop是什么| 哺乳期是什么意思| 晚上20点是什么时辰| 什么人不适合做厨师| 李隆基是李世民的什么人| 球镜是什么意思| 双十一从什么时候开始| 宋江是什么生肖| 过敏性咳嗽吃什么药好| 众矢之的是什么意思| 孔雀男是什么意思| 冰妹是什么意思| 人走了说什么安慰的话| 子宫为什么长肌瘤| 肌酸激酶偏高说明什么| 尿糖2个加号是什么意思| 什么样的季节| 贼是什么生肖| 眼睛为什么会痛| 4个月念什么字| 双肾尿盐结晶是什么意思| 什么的奇观| 口干舌燥是什么病| 苦瓜泡水喝有什么功效| 十月6号是什么星座| 胎次是什么意思| 偶尔是什么意思| kalenji是什么品牌| 手上三条线分别代表什么| 十三幺是什么意思| 1992年属什么生肖| 猫能看到什么颜色| 妈宝女是什么意思| 经期头疼吃什么药效果最好| 为什么吃甲鱼不吃乌龟| 什么牌子的山地车好骑又不贵| 狗感冒吃什么药| 呕吐是什么原因| 产后42天复查挂什么科| 辅酶q10什么时候吃| 万寿菊什么时候开花| 宫颈糜烂有什么症状| 天荒地老什么意思| 牙套什么材质的好| 为什么我不快乐| 蛋白粉是什么| 澳门买什么最便宜| 十羊九不全是什么意思| 小麦什么时候收割| 侧记是什么意思| 双抗是什么意思| 什么颜色可以调成红色| 排骨炖什么好吃又有营养| 珊瑚绒是什么面料| 什么手机电池最耐用| 萎缩性胃炎吃什么药效果好| 空腹喝啤酒有什么危害| 胎儿胆囊偏大有什么影响| 吃什么容易滑胎流产| 新生儿ad滴剂什么时候吃最好| 乾隆和康熙是什么关系| 百度Gaan na inhoud

2015年第三十届全国中老年羽毛球邀请赛分项公示名单

Ko?rdinate: 33°55′S 18°27′O / 33.917°S 18.450°O / -33.917; 18.450
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die Britse kolonie. Vir die Nederlandse kolonie, sien Nederlandse Kaapkolonie.
Cape Colony
Britse Kaapkolonie


1795–1910

Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Volkslied:
God Save the King (1795–1837; 1901–1910)
God Save the Queen (1837–1901)
Ligging of Kaapkolonie
Ligging of Kaapkolonie
Die Kaapkolonie ca. 1890
met Griekwaland-Oos en Griekwaland-Wes geannekseer
en Stellaland/Goosen (in lig rooi) ge?is
Hoofstad Kaapstad
33°55′S 18°27′O / 33.917°S 18.450°O / -33.917; 18.450
Taal/Tale Engels, Nederlands (amptelik)
Khoekhoe en Xhosa is ook gepraat
Godsdiens Nederduits Gereformeerde Kerkfamilie, Anglikanisme, Tradisionele Afrika-godsdiens
Regering Monargie
Monarg
 - 1795–1820 George III
 - 1820–1830 George IV
 - 1830–1837 William IV
 - 1837–1901 Victoria
 - 1901–1910 Edward VII
 - 1910 George V
Eerste minister
 - 1872–1878 John Molteno
 - 1908–1910 John X. Merriman
Goewerneur
 - 1797–1798 George Macartney
 - 1901–1910 Walter Hely-Hutchinson
Historiese tydperk Wedloop om Afrika
 - Nederlandse Kaapkolonie 1652–1795
 - Stigting van die Kaapkolonie 1795
 - Nederlandse kolonie 1803–1806
 - Verdrag van Londen 13 Augustus 1814
 - Natal ge?nkorporeer 1844
 - Stigting van die Unie van Suid-Afrika 31 Mei 1910
Oppervlakte
 - 1822[1] 331 900 km2
128 147 sq mi
 - 1910 569 020 km2
219 700 sq mi
Bevolking
 - 1822[1] skatting 110 380 
     Digtheid 0,3 /km² 
0,9 /sq mi
 - 1865[2] skatting 496 381 
 - 1910 skatting 2 564 965 
     Digtheid 4,5 /km² 
11,7 /sq mi
Geldeenheid Pond sterling
百度 无垠生机吐纳天地间,吸引着人们亲近自然,感受春天的活力。

Nederlandse Kaapkolonie
Kaapkolonie

Voor 1806
Vanaf 1806 tot 1870
Vanaf 1870 tot 1899
Vanaf 1899 tot 1910

Die Kaapkolonie (Engels: Cape Colony) was 'n deel van Suid-Afrika onder Britse beset gedurende die 19de eeu. Dit het ooswaarts vanaf die Atlantiese Oseaan gestrek. Die finale oostelike grens, na vele oorlo? teen die Xhosas, is by die Groot-Visrivier getrek. In die noorde het die Oranjerivier, ook bekend as die Garieprivier, vir lank as die grens gedien, hoewel grondgebied tussen dié rivier en die suidelike grens van Botswana later bygevoeg is.

Die geskiedenis van die Kaapkolonie begin in 1652 met die stigting van Kaapstad deur die Nederlandse kommandeur Jan van Riebeeck wat in diens van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) was.

Napoleon het die Sewe Provinsies van Nederland in 1795 beset wat die moederland van die VOC was. Dit het Groot-Brittanje aangespoor om die Kaap in 1795 om taktiese redes gedurende die Napoleontiese Oorlo? te beset. Die VOC dra sy landgebiede oor na die Bataafse Republiek in 1798 en hou op om te bestaan in 1799. Die Britse mag gee die Kaapkolonie weer terug aan die Bataafse Republiek in 1803.

In 1806 word die Kaap weer deur die Britse mag beset gedurende die Slag van Blaauwberg in 'n poging om Napoleon uit die Kaap te hou, asook om handelsroetes na die Verre Ooste te beheer.

'n Britse kolonie word op 8 Januarie 1806 daargestel en die Kaapkolonie bly onder Britse beheer tot die vorming van die Unie van Suid-Afrika in 1910, waarna dit die Provinsie van Kaap die Goeie Hoop word, of beter bekend as die Kaapprovinsie.

In die loop van die 19e eeu het die Kaap 'n grondwetlike ontwikkeling soortgelyk aan dié van Brittanje se ander kolonies ondergaan. Die kroonkoloniebestuur wat aanvanklik toegepas is het al die mag in die hande van die goewerneur geplaas. Hy moes dikwels in regstreekse opdrag van die Britse regering optree sonder dat hy die geleentheid gegun is om sy eie diskresie te gebruik. Die verontagsaming van die plaaslike bevolking se wense het daartoe gelei dat baie griewe teen die Britse owerheid ontstaan het wat die grondliggende oorsaak van die Groot Trek geword het. Sedert 1834 het die koloniste geleidelik meer seggenskap in hul eie bestuursake verkry, maar die Imperiale regering se vetoreg op plaaslike wetgewing het eers in 1872 verdwyn.

Kroonkolonie (1806-1853)

[wysig | wysig bron]

Bestuur

[wysig | wysig bron]

Met die Britse oorname in 1806, was die Kaap ekonomies en staatkundig sleg daaraan toe. Anders as die meeste Europese kolonies wat in die loop van die 17e en 18e eeu gestig is, het dit oor geen stapelproduk, soos byvoorbeeld suiker in Wes-Indi?, beskik nie. Daar was inderdaad geen uitvoerprodukte van enige aard nie.

In terme van Brittanje se merkantiele beleid, waarvolgens kolonies uitsluitlik gestig is om as melkkoeie vir die moederland te dien, was die Kaap dus waardeloos. Die strategiese ligging van die Kaap was die enigste rede vir die anneksasie, en Brittanje het slegs in die hawens belang gestel. Selfs nadat die anneksasie in 1814 permanent geword het, het Brittanje die Kaap bloot as die poort tot Indi? beskou en onwillig gebly om groot onkostes in die binneland aan te gaan. Die Kaap se Blanke bevolking het 'n ongunstige reputasie in die buiteland verwerf, hoofsaaklik as gevolg van onjuiste geskrifte soos John Barrow se Travels into the interior of Southern Africa (1797/98), waarin hulle van onmenslike wreedheid teenoor die inboorlingbevolking beskuldig is.

Die Britse houding teenoor veral die Blanke boere was dus uit die staanspoor bevooroordeeld. Die beleidvormers is verder be?nvloed deur filantropiese drukgroepe wat voortdurend die soeklig op die Kaap gewerp het. Brittanje het gevolglik minder toegeeflik teenoor die Kaap opgetree as teenoor sy ander kolonies. Sy enigste begeerte was die daarstelling van 'n sterk gesentraliseerde bestuur wat die "buitepos na Indi?" in stand sou hou, en die moontlik opstandige Blanke bevolking in toom sou hou. Die bestuur wat in 1806 ingestel is, was saam met die van die bandiete-kolonie Nieu-Suid-Wallis die mees outokratiese in die Ryk.

Alle wetgewende en uitvoerende gesag het by die goewerneur berus. Hy was ook die militêre gesagvoerder. Daar was wel 'n afsonderlike regspleging in die vorm van 'n Raad van Justisie, maar die lede van die raad, met uitsondering van die voorsitter, is deur die goewerneur benoem en aangestel. Daar kon ook net na die goewerneur geappelleer word. Die goewerneur was slegs aan die Minister van Kolonies verantwoordelik. Op die platteland het die stelsel van landdroste en heemrade behoue gebly. In 1807 is generaal sir David Baird, wat as goewerneur waargeneem het, deur graaf James Caledon opgevolg. Hy het die administrasie en openbare diensverlening opgeknap en die plaaslike bestuur bevorder deur die ses distrikte na nege te vermeerder. Die nuwe distrikte wat hy gestig het, was Caledon, George en Clanwilliam.

In 1811 het hy 'n groot verbetering in die regspleging teweeggebring deur die instelling van ? rondgaande hof. Dit het uit twee of meer lede van die Raad van Justisie bestaan en het deur die platteland gereis om sake wat buite die bevoegdheid van die landdroste geval het, te verhoor. Caledon is in 1811 deur die militaris sir John Cradock opgevolg, wat in teenstelling met sy voorganger 'n kragtige Oosgrensbeleid gehandhaaf het en onder andere by 'n grensoorlog betrokke geraak het. In 'n poging om die rondtrekkery van die veeboere te bekamp, het Cradock in 1813 die leenpagstelsel deur die erfpagstelsel vervang, wat beteken het dat boere eiendomsreg op hul plase kon bekom. Sy streng maatre?ls aan die Oosgrens, waardeur hy gepoog het om die absolute gebiedskeiding tussen Blankes en Xhosas te bewaar en veediefstalle aan bande te lê, is deur die filantrope as onmenslikheid teenoor die Xhosas bestempel. Hulle het petisies gerig aan die Britse Ministerie van Kolonies, wat gunstig daarop gereageer het. Cradock het sy ontslag aangevra en is in 1814 deur lord Charles Somerset opgevolg. In dieselfde jaar het Nederland die Kaap by die Kongres van Wenen permanent aan Brittanje afgestaan.

Die outokratiese optrede van die ultra-konserwatiewe Somerset (aan die bewind 1814- 1826) het hom in botsing gebring met die Britse immigrante wat volgens sy eie skema in 1820 in die Oosgrensdistrikte gevestig is. Die meeste setlaars het wel nie stemreg in Brittanje geniet nie, maar was gewoond aan parlementere instellings. Hulle het klagskrifte na Londen gestuur en danksy die ondersteuning wat hulle van invloedryke filantrope soos dr. John Philip en William Wilberforce ontvang het, is 'n kommissie bestaande uit Colebrooke en Bigge reeds in 1823 na die Kaap gestuur om ondersoek in te stel.

Hulle het aanbeveel dat die mag van die goewerneur ingekort word. Die Adviesraad, wat in 1825 ingestel is, het uit amptenare bestaan wat net oor raadgewende magte beskik het. Die Raad ken net sake bespreek wat deur die goewerneur aanhangig gemaak is, en van 'n beperking van die goewerneur se mag was daar nie veel sprake nie. Colebrooke en Bigge se verslag het in 1826 verskyn en in dieselfde jaar is Somerset na Brittanje ontbied. Hoewel hy amptelik tot in 1828 die goewerneur was, het Somerset nie weer na die Kaap teruggekeer nie, en is sy amp deur Richard Bourke waargeneem. Die eerste regsoktrooi wat as gevolg van die kommissarisse se verslag aan die Kaap toegestaan is, is in 1827 deur Bourke in werking gestel. Die goewerneur is sy regsplegende gesag ontneem.

Die Raad van Justisie is afgeskaf en het plek gemaak vir 'n onafhanklike Hooggeregshof bestaande uit ? hoofregter en drie regters. Strafregtelike sake is deur 'n regter en ? jurie verhoor, en daar kon na die Geheime Raad in Londen geappelleer word. Op die platteland het die stelsel van Landdros en Heemrade verdwyn en is residentmagistrate aangestel. Die rondgaande howe is ook verbeter. Hoewel van die beginsels van Britse regspleging ingevoer is, het die Kaapse regstelsel Romeins-Hollands gebly. Die Liberale Party, wat in 1830 in Brittanje aan die bewind gekom het en in 1832 die bekende Reform Act deurgevoer het, het ook 'n simpatieke oor aan die Kaapse pleidooie vir 'n groter mate van verteenwoordigende bestuur verleen.

In 1834 is 'n nuwe bedeling deur die goewerneur, sir Benjamin D'urban, in werking gestel. Dit het voorsiening gemaak vir 'n Uitvoerende Raad bestaande uit 4 amptenare en 'n Wetgewende Raad bestaande uit dieselfde amptenare plus 5 tot 7 koloniste wat deur die goewerneur benoem is. Hoewel die uitvoerende en wetgewende gesag steeds nie geskei was nie, was die Wetgewende Vergadering 'n groot verbetering op die ou Adviesraad. Geen ordonnansie was sonder die goedkeuring van die Wetgewende Raad geldig nie. Wetgewing kon egter steeds deur die goewerneur as verteenwoordiger van die kroon geveto word. In 1836 is munisipale rade ingestel, waarvan die van Beaufort-Wes (1837) die eerste was. Die mate van seggenskap wat die koloniste in hul eie landsake verkry het, het duidelik geblyk toe Brittanje die Kaap as 'n strafkolonie soortgelyk aan Nieu-Suid-Wallis wou gebruik.

In November 1849 het die Neptune, 'n skip met 282 bandiete aan boord, in Valsbaai aangekom. Lede van die Wetgewende Raad het uit protes bedank en vir 'n wyle het dit gelyk asof die koloniste die wapen sou opneem. Uiteindelik het die Neptune na 'n vertraging van 5 maande opdrag ontvang om na Australi? te vertrek. Agitasie om 'n groter mate van verteenwoordiging in die landsbestuur het reeds in 1847 begin vrugte afwerp, toe goewerneur sir Harry Smith (aan die bewind 1847- 1852) opdrag ontvang het om voorstelle in die verband in te dien. Die daaropvolgende Cape of Good Hope Constitution Ordinance is as gevolg van die uitgerekte Agtste Grensoorlog (1850-1853) en gedurige regeringswisselings in Londen eers in Maart 1853 bekragtig, en op 1 Julie 1853 het dit in die Kaap in werking getree.

Op 30 Junie 1854 het waarnemende goewerneur Henry Darling die eerste Kaapse parlement geopen. Die grondwet van die Kaapkolonie het vir 'n Wetgewende Raad en 'n Wetgewende Vergadering voorsiening gemaak. Die Raad het uit die hoofregter en 15 lede (8 vir die Westelike Provinsie en 7 vir die Oostelike Provinsie) wat vir 10 jaar verkies is, bestaan. Die Vergadering, wat jaarliks moes byeenkom, het uit 46 lede bestaan wat vir 5 jaar verkies is. Stemreg is toegestaan aan alle manlike Britse onderdane b6 21 wat aan sekere eiendoms- of inkomstevereistes voldoen het. Engels sou die enigste voertaal in die parlement wees. Die goewerneur het nog oor uitgebreide magte beskik en wetgewing kon deur die kroon geveto word. Die uitvoerende gesag het berus by Brits aangestelde hoofamptenare; wat die sittings as hoofde van die "departement" bygewoon het maar geen stemreg gehad het nie.

Beleid van verengelsing

[wysig | wysig bron]

Die beleid van verengelsing waarvan Caledon sowel as Cradock groot voorstanders was, kon eers na 1820 uitgevoer word. Vroe?r was daar nie ? noemenswaardige Engelssprekende bevolking nie, en tot in 1814 was daar nie sekerheid of die Britse bewind blywend sou wees nie. Daar is wei 'n begin gemaak met die geleidelike verengelsing van die administrasie deur die aanstelling van Engelse amptenare. Na die koms van die Britse setlaars in 1820 het die proses van verengelsing met rasse skrede vooruitgegaan.

Skotse Presbiteriaanse predikante is ingevoer om die chroniese tekort aan predikante aan te vul. Engelse en Skotse leerkragte moes ook in die Afrikaners se stygende onderwysbehoeftes voorsien. In 1822 is gratis staatskole gestig, waar onderwys slegs in Engels sou geskied. In Julie 1822 het Somerset 'n taalproklamasie uitgevaardig wat voorsiening gemaak het vir verengelsing binne 'n periode van 5 jaar. Vanaf 1 Januarie 1823 kon korrespondensie met die koloniale sekretaris slegs in Engels gevoer word.

Twee jaar later sou korrespondensie met alle regeringskantore slegs in Engels geskied, en vanaf 1 Januarie 1827 sou Engels die enigste voertaal in die geregshowe wees. As deel van die verengelsingsbeleid is die Hollandse geldstelsel van riksdaalders en stuiwers in 1825 deur een van Engelse ponde, sjielings en pennies vervang. In sy uiteindelike doelwit, naamlik om die Afrikaners wesentlik te verengels, het die verengelsingsbeleid misluk. Die amptenary het die wenslikheid van Engels te leer, ingesien, maar nie hul eie taal afgesterf nie.

Slegs in uitsonderlike gevalle het vooraanstaande families heeltemal verengels. Die meeste Afrikaners, veral in die binneland waar hulle selde met die owerheid in aanraking gekom het, het aan die taal van hul kerk getrou gebly. Dit was veral in die kerk waar Afrikaans-Hollands voortgeleef het. In 1849 het die kerk sy eie blad, De Kerkbode, uitgegee, en in 1859 is 'n teologiese seminarie op Stellenbosch gestig.

Slawe en Hottentotte

[wysig | wysig bron]

Onder invloed van die Verligting en die vryheid-idees van. die Franse Revolusie het daar in die tweede helfte van die 18e eeu 'n toenemende agitasie vir die afskaffing van slawerny ontstaan. Denemarke was die eerste land wat slawehandel verbied het (1792). In Brittanje is ? Anti -Slave Trade Committee gestig (1787). Die organisasie het soveel invloed geniet dat slawehandel in 1807 in die Britse Ryk afgeskaf is. Die filantrope het hoofsaaklik teen die Wes-Indiese Eilande te velde getrek, waar slawerny op groot skaal voorgekom het en slawe dikwels wreed behandel is. Die sowat 35 000 slawe in die Kaap is oor die algemeen goed behandel (selfs Barrow moes dit erken), maar in die Britse slawe wetgewing is alle kolonies oor dieselfde kam geskeer.

In 1816 het Somerset die verpligte registrasie van slawe ingestel. Die Britse setlaars is uitdruklik verbied om slawe aan te hou. In 1823, met die stigting van die Anti-Slavery Society, is die eerste van 'n reeks regulasies ter beskerming van die slawe afgekondig. Die maatre?ls het onder meer voorsiening gemaak vir 'n beperking van hul werksure, voorskrifte betreffende hul voedsel en klere, en die instelling van ? strafboek wat, onderteken en be?dig, aan spesiaal aangestelde slawebeskermers voorgelê moes word.

Die slawe-eienaars in die Kaap het voorgestel dat die slawe geleidelik by geboorte vrygestel word. So sou hulle nie meteens hul arbeiders ontneem word nie. Die voorstel het egter geen reaksie uitgelok nie en die emansiepasiewet van 1833 het bepaal dat alle slawe in die Kaap vanaf 1 Desember 1834 vry sou wees. Die ou-slawe sou vier jaar lank by hul eienaars ingeboek word. Die wyse waarop die vrystelling van die slawe geskied het, het groot ontevredenheid veroorsaak en was ook een van die faktore wat tot die Groot Trek gelei het.

Slegs die helfte van die bedrag waarteen die slawe gewaardeer is, is as vergoeding aan die eienaars uitbetaal. Die uitbetaling het geskied in Britse staatseffekte wat in Londen gehaal moes word. Dit het veroorsaak dat baie eienaars hul eise spotgoedkoop aan spekulante verkoop het omdat hulle nie self na Londen kon reis nie. Aan die begin van die 19e eeu was die meeste Hottentotte in die Kaap reeds ontstam en as arbeiders tussen die Blankes woonagtig. Hulle is egter nooit amptelik as onderdane van die land erken voordat Caledon in 1809 sy Hottentotproklamasie uitgevaardig het nie. Die proklamasie het bepaal dat die Hottentotte 'n vaste woonplek moes hê en slegs met 'n pas van een plek na 'n ander kon trek.

Die maatre?l was daarop gemik om hul rondtrekkery te be?indig en arbeidsaamheid by hulle te kweek. Terselfdertyd het die proklamasie die landswette op hulle van toepassing gemaak en daardeur hul onderdaanskap erken. Die proklamasie het hulle ook teen uitbuiting beskerm. In 1812 het Cradock die inboekstelsel ingevoer. Daarvolgens moes Hottentotkinders wat tot hul agtste jaar op 'n boer se plaas gewoon het, 10 jaar lank by die boer ingeboek word. Die inboekstelsel het verseker dat die kinders arbeidsaamheid leer, versorg word en Christelik opgevoed word. Die inboekstelsel het groot verontwaardiging by die sendelinge en die filantrope uitgelok. Hulle het dit as bedekte slawerny bestempel en 'n beweging daarteen op tou gesit.

Die vernaamste beswaarmakers was dr. J.T. van der Kemp en eerwaarde J. Read, wat albei groot invloed by die Ministerie van Kolonies gehad het. Read het 'n brief aan die Ministerie van Kolonies gerig waarin hy boere van die Uitenhage omgewing van moord op Hottentotte beskuldig het. Cradock is gelas om die aantygings te ondersoek. In 1812 het die Rondgaande Hof (later bekend as die "Swarte Ommegang") meer as 50 sake teen boere verhoor. Sommige boere is vir kleiner vergrype veroordeel, maar nie een is aan moord skuldig bevind nie. Die beroering onder die Afrikaners oor die Swarte Ommegang het nog nie bedaar nie, toe die Slagtersnek-rebellie in 1815 plaasvind.

Die rebellie was 'n eenmalige voorval. Die meeste Afrikaners het dit veroordeel en slegs 'n handjievol het daaraan deelgeneem. Die hooffigure was verteenwoordigend van die swakker element onder die grensboere, wat weens hul noue verbintenis met die inboorlinge ontaard en hul beskawingspeil verlaag het. Frederick Bezuidenhout, 'n boer van die Baviaansrivier, het herhaalde aanmanings om voor die hof te verskyn op aanklagte dat hy een van sy Hottentotbediendes mishandel het, veronagsaam.

Toe ? klompie pandoere gestuur is om hom in hegtenis te neem, het hy hom verset en is doodgeskiet. Sy broer, Johannes, het wraak gesweer en 'n handjievol boere tot gewapende opstand oorgehaal. Die opstand het misluk en die leiers is in hegtenis geneem voordat hulle na Xhosa land kon vlug, waar hulle vroe?r reeds by Gaika hulp gevra het. Vyf van die leiers is gehang, van wie 4 die galg 'n tweede keer moes bestyg omdat die toue die eerste keer gebreek het. Hoewel die Afrikaners nie simpatiek gestaan het teenoor die rebellie nie, het dit later simbolies geword van hul griewe teen die Britse bewind en is dit in die proses van idealisering uit verband geruk. In 1819 het dr. John Philip van die Londense Sendinggenootskap na die Kaap gekom en spoedig die leier van die filantrope geword. In 1826 het hy 'n boek, Researches in South Africa, gepubliseer waarin hy die Afrikaners van wreedhede teenoor die inboorlinge beskuldig het en die bestaande wetgewing veroordeel het. As gevolg van Philip se invloed is Ordonnansie 50 van 1828 in aandrang van die Ministerie deur die waarnemende goewerneur, Richard Bourke, uitgevaardig. Dit het alle bestaande wetgewing ten opsigte van die Hottentotte opgehef en hulle op gelyke voet met die Blankes geplaas. Ordonnansie 50 was een van die vernaamste griewe teen die Britse bewind en was as sodanig ? belangrike oorsaak van die Groot Trek.

Selfbestuur (1853-1872)

[wysig | wysig bron]

Sir George Grey

[wysig | wysig bron]

In die nuwe regering wat die Kaap in 1853 gekry het, het die twee huise van die parlement eweveel wetgewende mag gehad. Die uitvoerende gesag het by die goewerneur en sy amptenare berus. Hulle was as die Uitvoerende Raad bekend en was nie aan een van die twee wetgewende liggame verantwoordelik nie. Ernstige botsings tussen die wetgewende en uitvoerende magte was dus onvermydelik en sonder die leiding van sir George Grey (1812-1898) sou dit uit die staanspoor grondwetlike probleme geskep het.

Grey het in 1854 goewerneur van die Kaap en Britse Ho? Kommissaris in Suid-Afrika geword. Hy was voorheen goewerneur van Suid-Australi? en luitenant-goewerneur van Nieu-Seeland. Grey se opdrag van die Britse regering was om die Kaap selfonderhoudend en selfverdedigend te maak, vrede onder die inboorlinge te bewaar, toesig oor Natal te hou en vriendskapsbetrekkinge met die twee Boererepublieke te handhaaf. Britse belange moes op Kaapstad en Tafelbaai gekonsentreer word.

Danksy Grey se parlementêre benadering tot die grondwet het hy meestal daarin geslaag om harmonie tussen die Uitvoerende Raad en die parlement te handhaaf. Die suksesvolle werking van die grondwet was ook in groot mate aan die ekonomiese voorspoed wat die Kaap beleef het, te danke. Daar was 'n aanmerklike styging in die uitvoer van wyn en wol. In 1859 is daar ? begin gemaak met die bou van die eerste spoorlyn, wat in 1863 tot op Wellington voltooi is. Onder toesig van die nuut gestigte Afdelingsraad is nuwe paaie gebou en die bestaande paaie beter in stand gehou. Onder leiding van Grey is daar ook begin met die bou van ? hawe by Oos-Londen en 'n seehoof vir die Kaapse hawe.

Grey het ook 'n besondere belangstelling in onderwys getoon. In 1857 het hy die Eksamenraad gestig, waaruit die Universiteit van Kaapstad later ontstaan het. Aan die Suid-Afrikaanse Biblioteek in Kaapstad het hy 'n waardevolle Africana-versameling en ander manuskripte geskenk. Hy het onderwys selfs buite die landsgrense bevorder deur fondse beskikbaar te stel vir die stigting van Grey-Kollege in Bloemfontein. Verskeie skole vir Swart kinders is ook deur hom gestig. Grey was nie ten gunste van Brittanje se beleid van segregasie tussen Blank en Swart aan die Oosgrens nie. Die enigste oplossing vir die Oosgrensprobleem was, volgens hom, die opheffing van die inboorlinge en hul ekonomiese integrasie met die Blankes.

Sy beleid was doelbewus daarop gemik om die inboorlinge se stamverband te verbrokkel deur ondermyning van die gesag van die opperhoofde. Baie stamhoofde het in ruil vir vergoeding toegestem dat Britse resident-magistrate in Xhosagebied woon en Britse reg toepas. As deel van sy beskawingsbeleid het Grey in 1857 sowat 2 000 Duitse immigrante onder leiding van baron Von Stutterheim tussen Oos-Londen en Queenstown gevestig. In die daaropvolgende paar jaar het meer as 6 000 Britse immigrante hulle ook in die Oosgrensdistrikte gevestig. Die nasionale selfmoord van die Xhosas in 1857 het Grey se beleid bevoordeel deurdat dit die verbrokkeling van die stamverband verhaas en die Xhosas ekonomies van die Blankes afhanklik gemaak het.

Grey het die ontvolking van groot dele van Brits-Kaffrari? benut deur Blanke boere toe te laat om daar te woon. Groot getalle ontwortelde Xhosas is by 'n program van openbare werke ingeskakel. Grey het gehoop om daardeur nie net in hul materi?le behoeftes te voorsien nie, maar hulle ook arbeidsaamheid te leer. Die eerste hospitaal vir Swartes, Grey's Hospital by King William's Town, asook verskeie nywerheidskole is deur hom gestig. Grey se beleid ten opsigte van die Boererepublieke was onafskeidbaar aan sy inboorlingbeleid gekoppel. Hy het geglo dat vrede met die inboorlinge slegs gehandhaaf kon word indien 'n eenvormige inboorlingbeleid in die hele Suid-Afrika gevolg word. Hy wou graag al die gebiede in Suid-Afrika onder leiding van die Kaapkolonie en onder die Britse vlag federeer.

Die Vrystaat se voortdurende oorlo? met die Basoeto's, wat vir sowel die Kaap as Natal gevaar ingehou het, het Grey se oortuiging versterk. Grey, wat as bemiddelaar tussen Mosjesj en die Vrystaat opgetree het, was op so 'n vriendelike voet met die Vrystaat, dat hy in 1858 in die Kaapse parlement bekend kon maak dat die Vrystaat ten gunste van federasie met die Kaap was. Kort tevore is die Sandrivier- en die Bloemfontein-konvensie deur Brittanje en onderskeidelik Transvaal en die Vrystaat onderteken en Brittanje was nie baie ten gunste van 'n federasie wat groot uitgawes sou meebring nie. Grey se eiegeregtige optrede ten opsigte van die Oosgrens en die republieke het veroorsaak dat hy in 1859 teruggeroep is. By sy aankoms in Londen was daar egter 'n nuwe regering aan bewind en hy is weer in dieselfde amp na die Kaap teruggestuur (1860). In die daaropvolgende jaar is hy egter op eie versoek na Nieu-Seeland verplaas.

Wodehouse

[wysig | wysig bron]

Sir Philip Wodehouse (1811 - 1887) het Grey in Januarie 1862 opgevolg. Hy het uit die staanspoor met groot probleme te kampe gehad: ekonomiese depressie, stygende staatskuld en 'n toenemende agitasie vir afskeiding in die Oostelike Provinsie. Die besuinigingsmaatre?ls wat Wodehouse wou toepas, onder meer die inlywing van Brits-Kaffrari? en die heffing van nuwe belastings, het hom in dermate in botsing met die wetgewende gesag gebring dat 'n grondwetlike dooie punt keer op keer bereik is.

Hy was ten gunste van opskorting van die Kaap se grondwet en 'n terugkeer na kroonkoloniebestuur, of dan ten minste die afskaffing van die Wetgewende Raad. Al sy voorstelle in hierdie verband is met hand en tand beveg. In 1865 het Wodehouse die parlement ge?gnoreer en toestemming van die Imperiale regering ontvang om Brits-Kaffrari? in te lyf. Die ignorering van die parlement het 'n storm van protes en ? agitasie vir groter selfbestuur tot gevolg gehad. Ten spyte van die mosie van wantroue wat teen Wodehouse in die parlement aanvaar is, is Brits-Kaffrari? in 1866 ingelyf.

Die ledetal van die Wetgewende Raad is tot 21 vermeerder en die van die Wetgewende Vergadering tot 66. Wodehouse se botsings met die parlement, wat nie sy finansi?le maatre?ls wou goedkeur nie, het voortgeduur tot in 1870, toe hy weens die grondwetlike dooie punt deur sir Henry Barkly vervang is.

Verantwoordelike bestuur

[wysig | wysig bron]

In teenstelling met sy voorganger was Barkly ten gunste van volkome selfbestuur. Hy het geglo dat Imperiale uitgawes daardeur besnoei kon word. Teen 1870 het die ekonomie van die Kaapkolonie begin verbeter as gevolg van die bloeiende wol- en volstruisveermark en die ontdekking van diamante. In 1869 is die Suezkanaal in gebruik geneem en het die Kaap se strategiese belang verminder.

Barkly het dus sy goed keuring geheg aan 'n mosie vir "verantwoordelike" bestuur wat in 1871 deur John Molteno, die lid vir Beaufort-Wes, ingedien is. Die mosie is deur die Wetgewende Raad verwerp en deur die separatiste teengestaan, maar is in die daaropvolgende jaar goedgekeur. Ingevolge die Constitution Ordinance Amendment Act, 1872, wat op 28 November 1872 in werking getree het, moes lede van die Uitvoerende Raad in die vervolg lede van een van die twee huise wees en verantwoording aan die laerhuis doen.

Die Uitvoerende Raad het toe dus die funksie van ? kabinet oorgeneem en moes bedank sodra hulle nie meer die vertroue van die Wetgewende Vergadering (laerhuis) geniet het nie. Die grondwet van 1872 het volkome politieke volwassenheid aan die Kaapkolonie besorg. Die goewerneur was voortaan slegs ? verteenwoordiger van die Britse regering en kon sy pligte net met die goedkeuring van die plaaslike ministers uitvoer. Die eerste kabinet is op 1 Desember 1872 saamgestel met John Molteno as premier.

Die Slag van Blaauwberg op 8 Januarie 1806
Kaart van die Kaapkolonie in 1809
Kaart van Suider-Afrika in 1885

Eerste ministers van die Kaapkolonie (1872–1910)

[wysig | wysig bron]
John Molteno
Cecil John Rhodes
# Naam Party Ampsaanvaarding Amp verlaat
1 John Molteno Onafhanklik 1 Desember 1872 5 Februarie 1878
2 Gordon Sprigg Onafhanklik 6 Februarie 1878 8 Mei 1881
3 Thomas Scanlen Onafhanklik 9 Mei 1881 12 Mei 1884
4 Thomas Upington Onafhanklik 13 Mei 1884 24 November 1886
Sir John Gordon Sprigg (2de ampstermyn) Onafhanklik 25 November 1886 16 Julie 1890
5 Cecil John Rhodes Onafhanklik 17 Julie 1890 3 Mei 1893
Cecil John Rhodes (2de ampstermyn) Onafhanklik 4 Mei 1893 12 Januarie 1896
Gordon Sprigg (3de ampstermyn) Onafhanklik 13 Januarie 1896 13 Oktober 1898
6 William Philip Schreiner Onafhanklik 13 Oktober 1898 17 Junie 1900
Gordon Sprigg (4de ampstermyn) Progressiewe Party 18 Junie 1900 21 Februarie 1904
7 Leander Starr Jameson Progressiewe Party 22 Februarie 1904 2 Februarie 1908
8 John Xavier Merriman Suid-Afrikaanse Party 3 Februarie 1908 31 Mei 1910

Demografie

[wysig | wysig bron]

Rasverdeling

[wysig | wysig bron]
Bevolkingsgroep 1904-sensus[3] 1960-sensus[4][5]
Swart mense 1 424 787 3 011 080
Wit mense 579 741 1 003 207
Bruin mense 395 034 1 330 089
Indi?rs 10 242 18 477
Totaal 2 409 804 5 362 853

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Bronne

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Alexander Wilmot; John Centlivres Chase (1869). History of the Colony of the Cape of Good Hope: From Its Discovery to the Year 1819. J. C. Juta. pp. 268–. Besoek op 10 September 2013.
  2. "Census of the colony of the Cape of Good Hope. 1865" (in Engels). HathiTrust Digital Library. p. 11. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2019. Besoek op 26 Desember 2013.
  3. (en) Smuts I: The Sanguine Years 1870–1919, W.K. Hancock, Cambridge University Press, 1962, pg 219
  4. (en) The Statesman's Year-Book, 1967–1968 (104th annual edition), edited by S.H. Steinberg, Macmillan, London; St. Martin's Press, New York, 1967, pages 1405–1424
  5. (en) The Europa Year Book 1969, Volume II: Africa, The Americas, Asia, Australasia, Europa Publications, London, 1969, page 1286

Verdere leesstof

[wysig | wysig bron]
  • (en) The Migrant Farmer in the History of the Cape Colony. P.J. Van Der Merwe, Roger B. Beck. Ohio University Press. 1 Januarie 1995, ISBN 0-8214-1090-3.
  • (en) History of the Boers in South Africa; Or, the Wanderings and Wars of the Emigrant Farmers from Their Leaving the Cape Colony to the Acknowledgment of Their Independence by Great Britain. George McCall Theal. Greenwood Press. 28 Februarie 1970, ISBN 0-8371-1661-9.
  • (en) Status and Respectability in the Cape Colony, 1750–1870 : A Tragedy of Manners. Robert Ross, David Anderson. Cambridge University Press. 1 Julie 1999, ISBN 0-521-62122-4.
  • (en) The War of the Axe, 1847: Correspondence between the governor of the Cape Colony, Sir Henry Pottinger, and the commander of the British forces at the Cape, Sir George Berkeley, and others. Basil Alexander Le Cordeur. Brenthurst Press. 1981, ISBN 0-909079-14-5.
  • (en) Blood Ground: Colonialism, Missions, and the Contest for Christianity in the Cape Colony and Britain, 1799–1853. Elizabeth Elbourne. McGill-Queen's University Press. Desember 2002, ISBN 0-7735-2229-8.
  • (en) Recession and its aftermath: The Cape Colony in the eighteen eighties. Alan Mabin. University of the Witwatersrand, African Studies Institute. 1983.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
眼底出血用什么眼药水最好 hpu是什么意思 猫腻是什么意思 maxrieny是什么品牌 心跳不规律是什么原因
拔完牙吃什么 大姨妈一直不干净是什么原因 发霉的衣服用什么洗能洗掉 脸红是什么原因引起的 肛门里面痒是什么情况
中戏是什么学校 青稞是什么 今天适合穿什么衣服 有里面没有两横是什么字 悟性高是什么意思
pinsp呼吸机代表什么 什么叫应届毕业生 人的舌头有什么作用 中期唐氏筛查查什么 脚趾起水泡是什么原因
避重就轻是什么意思hcv8jop2ns3r.cn gpd是什么意思hcv8jop5ns2r.cn 女生右手中指戴戒指什么意思hcv8jop6ns0r.cn 狗属于什么类动物xinmaowt.com 为什么会打雷travellingsim.com
总lge是什么xjhesheng.com 舌苔厚黄吃什么药hcv9jop5ns4r.cn pg在医学是什么意思hcv8jop3ns8r.cn 皮肤黏膜是什么hcv8jop0ns3r.cn 逼是什么hcv8jop5ns5r.cn
hm什么牌子hcv7jop6ns4r.cn 孩子肚脐眼下面疼是什么原因hkuteam.com 前列腺吃什么药效果好hcv7jop5ns4r.cn 下午头晕是什么原因引起的hcv9jop7ns5r.cn 吃蒲公英有什么好处hcv8jop4ns2r.cn
口腔溃疡什么时候能好hcv7jop9ns6r.cn 百草枯是什么gysmod.com 意中人是什么意思hcv9jop6ns7r.cn 黄金为什么那么贵hcv8jop3ns0r.cn 肾有问题有什么症状hcv8jop5ns4r.cn
百度