夜晚睡不着觉什么原因| 什么是宫外孕| 梨是什么季节的水果| 变质是什么意思| 四联用药是些什么药| 乙型肝炎e抗体阳性是什么意思| 香蕉和什么一起吃能减肥| 小m是什么意思| 金箔是什么| 2000年属龙的是什么命| 龟头太敏感吃什么药| 小孩拉肚子吃什么食物好| 蒂芙尼蓝是什么颜色| 肝主筋的筋是指什么| 屡禁不止的意思是什么| 有什么事| 测血糖挂号挂什么科| 葡萄套袋前打什么药| 脾五行属什么| 郑板桥是什么生肖| 冬虫夏草什么价格| 吃生南瓜子有什么好处| 芈月传芈姝结局是什么| 西施是什么生肖| 泰能是什么药| 肝胃不和吃什么中成药| 这是什么情况| 时光静好是什么意思| 死亡是什么感觉| 为什么心率过快| 比萨斜塔为什么是斜的| 什么球不能踢脑筋急转弯| 胃火旺吃什么中成药| 肛周脓肿吃什么消炎药| 奶茶喝多了有什么危害| 割包皮有什么好处| 浑身没劲是什么原因| 左眼屈光不正是什么意思| 垂盆草长什么样| 王源粉丝叫什么| 下巴两边长痘痘是什么原因| 治疗脚气用什么药| 什么叫低级别上皮内瘤变| 浙江属于什么方向| 95年什么生肖| 孔雀的尾巴像什么| 聪明绝顶是什么意思| 尤文氏肉瘤是什么病| 达喜是什么药| 一年四季穿棉衣是什么生肖| 银行卡年费是什么意思| 人中浅的女人代表什么| 东吴在现在什么地方| 瑕疵是什么意思| 头癣用什么药膏最好| 手不什么什么| 左室舒张功能减低吃什么药| 困难的反义词是什么| 工作效率是什么意思| 奡是什么意思| 上皮源性肿瘤什么意思| 病理科是干什么的| 吃什么能流产| 17088a是什么尺码男装| 吃什么瘦肚子| 嘴歪是什么引起的| 阳刃是什么意思| 投诉护士找什么部门| 花心什么意思| 拉脱水是什么症状| 下腹隐隐作痛什么原因| 甲状腺发炎有什么症状| 羊驼吃什么| 1992属什么生肖| eoa是什么意思| 痰湿体质吃什么食物好| 什么叫引流| 韩语思密达是什么意思| 卫生纸属于什么垃圾| 常吃南瓜有什么好处和坏处| 医保卡有什么用| 什么动物睡觉不闭眼睛| 儿童尿频什么原因引起的| 财主代表什么生肖| 肺癌吃什么水果| 大便绿色的是什么原因| 视力sca分别代表什么| 髋关节积液是什么原因造成的| pp1是什么意思| 不停的打嗝是什么原因| 鬼子来了为什么被禁| 提溜是什么意思| b币有什么用| 大姐大是什么意思| 五常指的是什么| 为什么早上起来恶心想吐| 乙酉日五行属什么| 检查肾功能挂什么科| 凡士林是什么| 胃热吃什么药| 妥了是什么意思| ABB的词语有什么| 脑出血是什么原因造成的| 偶尔是什么意思| 室性早搏吃什么药最好| 破财免灾什么意思| 鲍鱼吃什么| 暑假什么时候放| 孕吐 吃什么| 授教什么意思| 手掌心经常出汗是什么原因| 夏天什么时候结束| 六月五号是什么星座| 人体缺钾是什么原因引起的| 冲锋衣三合一是什么意思| 牛奶洗脸有什么好处| pof是什么意思| 羟氯喹是什么药| 假菌丝是什么意思| 湄公鱼是什么鱼| 冰释前嫌的释是什么意思| 4月29号是什么星座| 消瘦挂什么科| 肌红蛋白偏低什么原因| 李子有什么功效与作用| 6月25日是什么日子| 猪寸骨是什么部位| 整个后背疼是什么原因| 复试是什么意思| 头响脑鸣是什么原因引起的| 什么的窗户| 被跳蚤咬了涂什么药膏| 五毛是什么意思| 月经周期是什么意思| 忘川是什么意思| 熊喜欢吃什么食物| 专业组是什么意思| 拉屎有血是什么原因| 检查有没有怀孕挂什么科| 真菌镜检阳性是什么意思| 余什么意思| 伊朗是什么民族| 儿童发育迟缓挂什么科| 点痦子去医院挂什么科| 为什么第一次没有出血| 生殖器疱疹吃什么药| 1996年出生属什么| 教头菜有什么功效| 大秀是什么意思| 233什么意思| 92是什么意思| 粉瘤是什么东西| 肛裂是什么感觉| 手指起水泡是什么原因| 酸菜鱼是什么地方的菜| 4.26是什么星座| gmp什么意思| 秋葵长什么样| 毅力是什么意思| 夏天喝绿茶有什么好处| 磨牙挂什么科| 血液为什么是红色的| 白皮鸡蛋是什么鸡下的| 弄璋之喜是什么意思| covu是什么药| 为什么感冒喝白酒好了| 当令是什么意思| pr是什么意思| 抽动症是什么原因引起的| aquascutum是什么牌子| 金钱肚是什么| 晚上喝什么茶不影响睡眠| 920是什么意思| 嗣后是什么意思| 伤口不结痂是什么原因| 亢是什么意思| 为什么想吃甜食| 社会公德的主要内容是什么| 巧囊是什么原因形成的| 牛大力和什么泡酒壮阳| 脊髓空洞症吃什么药| 牙疼吃什么药好| 秘辛是什么意思| 坚果补充什么营养成分| 鸭肉煲汤放什么材料好| 眩晕症是什么| 摩羯男和什么星座最配| 傻瓜是什么意思| 家蛇是什么蛇| 什么是肾癌| 为什么会宫寒| 荨麻疹挂什么科| 静脉曲张是什么引起的| 小人痣代表什么意思| 讳莫如深什么意思| 计划生育什么时候开始的| fpa是什么意思| 为什么会尿道感染| 什么的山野| 6月16日是什么日子| xswl是什么意思| 鸡皮肤是什么原因引起的| 18年属什么生肖| 龟头有点痒擦什么药| 吃什么水果补肝养肝最有效| 榴莲和什么不能一起吃| 属蛇女和什么属相最配| 睡觉空调开什么模式| 血糖高吃什么最好| 肾病什么症状| 莺莺燕燕是什么意思| 白塞氏是一种什么病| 牛仔蓝是什么颜色| 4月5日什么星座| 谷胱甘肽是什么| sansui是什么牌子| 打了鸡血是什么意思| 手术室为什么那么冷| 四月天是什么意思| 全麦粉是什么面粉| 盛夏是什么时候| 飞机不能带什么| 梅毒查血查什么项目| 空调风扇不转是什么原因| 喝柠檬水有什么好处| 5月11日什么星座| 凉烟都有什么牌子| 意大利用的什么货币| 走路对身体有什么好处| 魑魅魍魉什么意思| 2013属什么生肖| 檀郎是什么意思| 小孩睡觉出很多汗是什么原因| 心可舒治什么病| 大便干燥吃什么药| 四个自信是什么| 吃完头孢不能吃什么| 为什么一躺下就头晕目眩| 25度穿什么衣服合适| 转氨酶高吃什么药| 氯低是什么原因| 八月三十日是什么星座| 乌鸡卷是什么肉做的| 脱力是什么意思| 大摇大摆是什么生肖| 黄体不足吃什么补最快| hf医学上是什么意思| 舌头烧灼感吃什么药| kai是什么意思| 人彘是什么意思| 夜猫子是什么意思| 补中益气丸适合什么人吃| 牛大力有什么功效| 什么鱼红烧最好吃| 主食都有什么| llc是什么意思| 虫至念什么| 虫可念什么| 铁皮石斛花有什么作用| 梦见一个人死了是什么意思| 利是是什么意思| 木字旁有什么字| 孔雀女是什么意思| his系统是什么| 百度Gaan na inhoud

一碗牛肉粉日销200万元 这位北大硕士究竟做了啥?

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die grensoorgange tussen Wes- en Oos-Berlyn (interaktiewe kaart)
Die Berlynse Muur
Grensversterkings
Satellietbeeld van Berlyn, met die Muur in geel gemerk
百度 但这三句话会引起人的深思,虽然简简单单的三句话,但背后所包含的信息量一定是非常的大的,让观众很好奇,真相究竟是怎样的!我觉得,何穗删掉微博里面一定是因为微博中的内容,至于观众因为什么对她产生了误解,我想一定是因为去年热播的一档综艺吧,不仅仅有何穗,更是有着各路大咖,包括一些明星艺人,也包括一些来自民间的草根素人!本就是超模出身的何穗,高挑的身材在经营类的节目中本就是蛮受欢迎的,毕竟美女在全世界都有特权,何穗也不例外!除了明星艺人,有一位素人嘉宾也蛮受关注的,节目里面,大家都叫她秋老师,听名字就一定是一个优雅的女子,事实上秋老师却是也是如此!在节目中,众人的饭菜一直都是由秋老师来完成的,但实际上,这应该是由众人一起来完成的工作。

Die Berlynse Muur (Duits: Berliner Mauer), waarna in die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) ook as "versterkte staatsgrens" (befestigte Staatsgrenze) of – op 'n propagandistiese manier – as "anti-fascistiese beskermingsmuur" (antifaschistischer Schutzwall) verwys is, was 'n spermuur wat tydens die verdeling van Duitsland meer as 28 jaar lank deel uitgemaak het van die interne grens tussen die DDR (Oos-Duitsland) en die Bondsrepubliek Duitsland (Wes-Duitsland). Dit het Berlyn van 1961 tot 1989 in twee verdeel.[1] Dit was tegelykertyd een van die bekendste simbole vir die politieke konflik (Koue Oorlog) tussen die Westelike Geallieerdes (onder leiding van die Verenigde State) en die Oosbloklande (onder leiding van die Sowjetunie).

DDR-amptenare het amptelik na die Berlynse Muur verwys as die "Anti-fascistiese Beskermingsmuur" (Duits: Antifaschistischer Schutzwall) en die indruk met DDR-propaganda probeer skep dat die NAVO-lande en Wes-Duitsland vergelykbaar is met Fasciste.[2] Die Wes-Berlynse stadsraad het soms na die Muur as die "Skandmuur" verwys – 'n benaming wat die burgemeester van die tyd, Willy Brandt, gebruik het wanneer daar verwys is na die inperking van mense se vryheid. Die totale Oos-Wes-grensgebied, wat die land in twee geskeur het, en in effek die skeiding was tussen Wes-Europa en die Oosbloklande tydens die Koue Oorlog, het later bekend gestaan as die "Ystergordyn".

Vanaf 13 Augustus 1961, die dag waarop met die konstruksie van die muur begin is, tot 9 November 1989 het die Berlynse Muur binne die Vier-sektore-stad Berlyn Wes-Berlyn totaal op land van Oos-Berlyn en daarnaas – oor 'n totale lengte van 167,8 kilometer – ook van die DDR-staatsgebied rondom Berlyn afgesonder. Vir DDR-burgers was die oorsteek van die grens verbode, en DDR-grenssoldate het die bevel gekry om op vlugtelinge te skiet. Volgens die bevindinge van navorsers het die Oos-Duitse grensbeleid tussen 136 en 206 menselewens ge?is – meestal vlugtelinge wat gepoog het om die swaar bewaakte grens na Wes-Berlyn, wat deur 'n myngordel en outomatiese vuurwapens versterk is, oor te steek. Die presiese aantal slagoffers langs die Berlynse Muur is nie bekend nie.

Die muur is in 1961 deur die DDR-regering veral opgerig om 'n einde te maak aan die reusestroom vlugtelinge wat 'n beter lewe in die Weste gesoek het (1960–61 het die bewind in Oos-Berlyn begin om die land se boere te onteien en hulle gedwing om lid van die nuwe landbou-ko?perasies te word).

Voordat die Muur opgerig is, het 3,5 miljoen Oos-Duitsers die Oosblok se emigrasie-beperkinge omseil en na die Weste oorgeloop. Baie van hulle is oor die grens tussen Oos- en Wes-Berlyn en vandaar na Wes-Duitsland en na ander Wes-Europese lande. Tussen 1961 tot 1989 het die Muur die emigrasie grotendeels gestop.[3] In dié tydperk het sowat 5 000 mense probeer om oor die Muur te ontsnap, met tussen 136[4] tot meer as 200[5] wat in hul vlugtogte, in en om Berlyn, dood is.

Die versperrings het wagtorings al langs die groot betonmuur ingesluit,[6] wat 'n wye gebied (later bekend as die "doodsstrook") met teenvoertuig-loopgrawe, stroke besaai met spykers, en ander hindernisse om te verhoed dat Oos-Duitsers na die westekant kan vlug. Die Oosblok het aangevoer dat die Muur gebou is om sy bevolking teen die fascistiese elemente te beskerm wat saamsweer om te verhoed dat die "wil van die volk" 'n sosialistiese staat in Oos-Duitsland kan vestig. In praktyk was die Muur daar om 'n massa-uittog uit Oos-Duitsland te verhoed wat 'n kenmerk was van die toestande in die tyd na die Tweede Wêreldoorlog toe emigrasie en vlugtogte uit Oos-Duitsland en die Oosbloklande 'n algemene verskynsel was.

In 1989 was daar 'n reeks van radikale politieke veranderings in die Oosbloklande wat verband gehou het met die bevryding van die outoritêre regeringstelsel, tesame met die val van pro-Sowjetregerings in die aangrensende Pole en Hongarye.[7] Na 'n paar weke van burgerlike onrus kondig die Oos-Duitse regering op 9 November 1989 aan dat DDR-burgers Wes-Berlyn en Wes-Duitsland mag gaan besoek. Die Berlynse Muur is op die aand van 9 November 1989 geopen nadat die Oos-Duitse bevolking steeds meer druk op die bewindhebbers geplaas het. Skares Oos-Duitsers het die grens oorgesteek, en op die muur geklim waar Wes-Duitsers in 'n feestelike atmosfeer by hulle aangesluit het. Die val van die Muur het die pad gebaan vir die ineenstorting van die DDR-bewind, die ontbinding van Oos-Duitse staatsstrukture en die uiteindelike hereniging van Wes- en Oos-Duitsland.

In die volgende paar weke het begeesterde mense en soewenierjagters met hamers en beitels die Muur begin verwoes. Die regering het later nywerheidstoerusting gebruik om wat van die Skandmuur oorgebly het, heeltemal te sloop. In teenstelling met die algemene opvatting, het die werklike sloping van die Muur eers in die somer van 1990 begin en is eers in 1992 heeltemal afgebreek en die rommel verwyder.[1] Die val van die Berlynse Muur was die begin van Duitse hereniging wat op 3 Oktober 1990 amptelik bevestig is.

Agtergrond

[wysig | wysig bron]

Na-oorlogse Duitsland

[wysig | wysig bron]

Met die einde van die Tweede Wêreldoorlog is Duitsland wes van die Oder-Neisse-lyn in vier besettingsones opgedeel, soos by die Potsdam-ooreenkoms bepaal is. Elkeen van die vier Geallieerdes van die Tweede Wêreldoorlog – die Verenigde State van Amerika, die Verenigde Koninkryk, Frankryk en die Sowjetunie – het 'n sone onder sy beheer gekry. Die hoofstad Berlyn is eweneens in vier sektore verdeel, hoewel die hoofstad se ligging in totaliteit binne die Sowjetunie se sone geval het.[8]

Binne twee jaar was daar onmin tussen die Sowjetunie en die drie ander geallieerde moondhede. Die Sowjetbewind in Moskou was nie te vinde vir die heropbouprogram wat die na-oorlogse Duitsland weer selfonderhoudend sou maak nie. Die Sowjette het ook geweier om rekenskap te gee van die industri?le installasies en infrastruktuur wat deur die Sowjetunie uit die land verwyder is.[9] Die Britte, Franse, die VSA en die Benelux-lande het later vergader en besluit om die sones, wat nie deel van die Sowjetunie uitmaak nie, in een sone te verander vir heropbou. Volgens die Marshall-plan het die Verenigde State finansi?le bystand aan Duitsland en ander Europese lande wat deur die oorlog geraak is, verleen.

Oosblok en die Berlynse lugbrug

[wysig | wysig bron]

Na die Tweede Wêreldoorlog stig die Sowjetleier, Josef Stalin, 'n unie van volkere op sy westegrens genaamd die Oosblok, wat Pole, Hongarye en Tsjeggo-Slowakye insluit. Hy het gehoop om die Oosbloklande saam met 'n verswakte Sowjetbeheerde Duitsland aan die gang te hou.[10] Stalin het al in 1945 teenoor die Duitse kommunistiese leiers aangedui dat hy die Britse posisie binne die Britsbeheerde sone stelselmatig wil ondermyn en verswak. Dan sal die VSA binne 'n jaar of twee onttrek. Dit moes die pad baan vir 'n verenigde kommunistiese Duitsland as deel van die Oosblok.[11]

Die indoktrinasie van Marxisme-Leninisme het 'n verpligte deel van skoolleerplanne geword. Dit het veroorsaak dat professore en studente op strepe na die Weste uitgewyk het. 'n Omvattende stelsel van politieke polisi?rings-apparatus is deur die Oos-Duitse regering ingestel wat die bevolking in alle fasette van hul lewens dopgehou en gemonitor het.[12] Die Sowjetunie se gevreesde veiligheidspolisie, SMERSH, het hiermee gehelp.[13]

Met die ongelukkigheid tussen die Sowjetunie en die Westerse moondhede oor die heropbou van Duitsland, en onenigheid oor die instel van 'n eenvormige geldstelsel, begin Stalin in 1948 met die Berlyn-blokkade, deur te weier dat kosvoorrade en ander noodsaaklikhede na Wes-Berlyn vervoer mag word.[14] Die VSA, Brittanje, Frankryk, Kanada, Australi?, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en verskeie ander lande het 'n lugbrugoperasie begin waarna later as die Berlynse Lugbrug verwys is. Kos en ander voorrade soos brandstof is met vragvliegtuie vanaf Wes-Duitse lughawens na Wes-Berlyn ingevlieg.

Moskou het met 'n massiewe openbare veldtog teen die Weste se beleidsverandering begin, terwyl Oos-Berlyn pogings onderneem het om die 1948-verkiesing te ontwrig.[15] In Wes-Berlyn het 300 000 mense betoog dat die lugbrug voortgesit word.[16] In Mei 1949 staak Stalin die blokkade en laat die Weste weer toe om voorrade na Wes-Berlyn te verskeep.[17][18]

Tot in 1952 was dit maklik om die afgebakende grensgebied op die meeste plekke tussen Oos-Duitsland en die Westerse besettingsones oor te steek.[19] Op 1 April 1952 vergader die Oos-Duitse leiers met Josef Stalin in Moskou waartydens die Sowjet-Russiese minister van buitelandse sake, Wjatseslaf Molotof, voorstel dat die Oos-Duitsers "'n passtelsel vir Wes-Duitse besoekers na gebiede in Oos-Berlyn instel om die vrye beweging van Westerse spioene na die DDR te stop." Stalin het saamgestem en die toestand as "onuithoudbaar" bestempel. Hy het voorgestel dat die Oos-Duitsers hul grensvestings moet opbou, maar ook verder gegaan en gesê "die afbakeningslyn tussen Oos- en Wes-Duitsland moet 'n grens wees- nie sommer enige grens nie- maar 'n gevaarlike een... Die Duitsers moet hul verdedigingslyn met hul lewens beskerm."[20]

Net hierna is die binnegrense tussen die twee Duitse state gesluit, en 'n doringdraad-heining is gebou. Die grens het egter oopgebly, hoewel die verkeer tussen die Sowjet- en die Westerse sektore ietwat beperk is. Dit het veroorsaak dat Berlyn 'n magneet geword het vir al die Oos-Duitsers, wat uit die DDR wou vlug, en na die stad gestroom het. Dit het ook 'n fokuspunt van spanning tussen die Verenigde State en die Sowjetunie geword.

In 1955 het die Sowjets vir Oos-Duitsland beheer oor die beweging van burgerlikes in Berlyn gegee. Dit het beteken dat daar beheer aan 'n regime gebied is wat nie deur die Weste erken is nie.[21] Die Oos-Duitsers het aanvanklik "besoeke" gemagtig sodat sy burgers familielede in Wes-Duitsland kon gaan besoek. Met die groot aantal Oos-Duitsers wat oorgeloop het na die Weste, het die Oos-Duitse regering in 1956 bepaal dat byna alle reise na die Weste beperk word.[19] Die Sowjet ambassadeur in Oos-Duitsland, Mikhail Pervukhin het tot die slotsom gekom dat "die oop en onbeheerde grens tussen die sosialistiese- en die kapitalistiese hoofstad daartoe bydra dat die bevolking onbewustelik 'n vergelyking tref tussen die twee dele van die stad, en dit was nie altyd ten gunste van Oos-Berlyn nie."[22]

'n Belangrike rede dat die Wes-Berlynse grens nie vroe?r gesluit is nie is omdat dit 'n groot deel van die spoorvervoer in Oos-Duitsland sou afsny. Bouwerk aan die Berlynse buitering, wat om Wes-Berlyn sou gaan, het in 1951 begin en is in 1961 voltooi. Dit het die weg gebaan vir die sluiting van die grenslyn.

Bou van die muur in 1961

[wysig | wysig bron]
Oos-Duitse gevegsgroepe uit die werkersklas besig om op 13 Augustus 1961 te ontplooi vir die begin van die bouwerk aan die Berlynse Muur.
20 November 1961- Oos-Duitse konstruksiewerkers bou die Muur.

Die transkripsie van 'n telefoongesprek tussen Nikita Chroesjtsjof en die Oos-Duitse partyleier, Walter Ulbricht, op 1 Augustus 1961, het bewys dat Chroesjtsjof agter die bou van die Muur gesit het.[23][24][25]

Die sogenaamde "doodstrook" langs die Berlynse Muur het uit die "Tsjeggiese krimpvarkies", uitkyktorings en 'n skoongemaakte strook bestaan – opname van 1977.
Die boonste deel van die Muur was uitgelê met gladde pyp om dit moeiliker te maak om daaroor te klim (1984).
Struktuur van die Berlynse Muur.
Die pad van die Berlynse Muur met sy grensposte (1989).

Die Berlynse Muur was meer as 140 km lank. In Junie 1962 is nog 'n parallelle muur so 100 m dieper in die Oos-Duitse grondgebied gebou. Die huise langs die grens af is gesloop en die bewoners elders gevestig. Dit het later die doodstrook geword. Die doodstrook is met sand en gruis gevul en gereeld gehark om maklik voetspore te kan sien.[26] Dit was oop stroke grond met geen skuiling en het ideale sig vir die grenswagte gebied om mense, wat na die Weste probeer vlug, te skiet.

'n Lid van die Oos-Duitse volksle?r, Conrad Schumann, vlug na die Weste tydens die beginfase van die bouwerk aan die Muur.

Ida Siekmann was die eerste slagoffer van die Berlynse Muur toe sy op 22 Augustus 1961 vanaf die derde vloer van haar woonstel in Bernauerstraat 48 gespring het.[27] Die eerste mens wat doodgeskiet is, toe hy oor die grens probeer vlug het, was Günter Litfin, 'n 20-jarige kleremaker. Hy het op 24 Augustus 1961 probeer om deur die Spreekanaal na Wes-Duitsland te swem op dieselfde dag toe die grenswagte opdrag gekry het om te skiet om dood te maak.[28]

Gedenkmuur ter nagedagtenis aan die slagoffers van die Berlynse Muur.

Die spermuur uit die oogpunt van die DDR-regering

[wysig | wysig bron]

Volgens die DDR-regering het die "mees aggressiewe kringe van die Imperialisme" die Koue Oorlog teen die DDR in 1960 en 1961 verskerp. So het die Wes-Duitse regering in die najaar van 1960 handelsooreenkomste met die DDR eensydig opgeskort – 'n stap wat die Oos-Duitse ekonomie nadelig getref het. Tegelykertyd is Wes-Duitsland, wat 'n ekonomiese opswaai beleef en 'n tekort aan geskoolde mannekrag ondervind het, daarvan beskuldig dat dit Oos-Duitse spesialiste en ander vaardige werknemers, onder wie veral jongmense, stelselmatig op groot skaal na die weste sou lok. Hierby het Wes-Berlyn volgens die Oos-Duitse regering die rol van 'n Menschenschleuse ("mensesluis") vervul.[29]

Die verslaggewing in Wes-Duitse en Wes-Berlynse media was volgens die DDR-regering daarop gemik om onrus in die DDR te stook, terwyl anti-kommunistiese propaganda daartoe gelei het dat 'n oorlogspsigose in die weste posgevat het. Die Wes-Duitse weermag ("Bundeswehr") het tydens militêre oefeninge verskillende variante van "beperkte oorlogsvoering" teen die DDR getoets. Vroeg in Augustus 1961 het NAVO-magte in Wes-Europa hul militêre paraatheid opgeskerp. 'n Militêre konflik langs die DDR-grens met Wes-Berlyn is deur waarnemers in Warskouverdrag-lidlande as hoogs waarskynlik geag.

Op 13 Augustus 1961 het die Nasionale Volksle?r van die DDR saam met ander gewapende magte in 'n gesamentlike aksie met Sowjetmagte en ná raadpleging met ander Warskouverdragstate die beheer oor die grens met Wes-Berlyn, wat voorheen oop was, oorgeneem en saam met werkers grensversperrings opgerig wat in die volgende maande nog uitgebou en uitgebrei is. Met dié stap is die ekonomiese ontwikkeling en politieke stabiliteit van die DDR verseker, asook sy voortgesette lidmaatskap in die gemeenskap van sosialistiese state.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 "Untangling 5 myths about the Berlin Wall". Chicago Tribune (in Engels). 31 Oktober 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2019. Besoek op 1 November 2014.
  2. "?" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 20 September 2011. Besoek op 13 Junie 2010.
  3. "Freedom! – TIME" (in Engels). TIME. 20 November 1989. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2013. Besoek op 9 November 2009.
  4. "Forschungsprojekt "Die Todesopfer an der Berliner Mauer, 1961–1989": BILANZ (Stand: 7. Augustus 2008) (in Duits)" (in Duits). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2019. Besoek op 6 Augustus 2011.
  5. "Center for Contemporary Historical Research (Zentrum für Zeithistorische Forschung Potsdam e.V) in German" (in Duits). Chronik-der-mauer.de. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2019. Besoek op 6 Augustus 2011.
  6. Jack Marck Geargiveer 29 Augustus 2008 op Wayback Machine "Over the Wall: A Once-in-a-Lifetime Experience" American Heritage, Oktober 2006.
  7. Mary Elise Sarotte, Collapse: The Accidental Opening of the Berlin Wall, New York: Basic Books, 2014
  8. Miller 2000, pp. 4–5
  9. Miller 2000, p. 16
  10. Miller 2000, p. 10
  11. Miller 2000, p. 13
  12. Turner 1987, p. 47
  13. Wettig 2008, p. 96
  14. Gaddis 2005, p. 33
  15. Turner 1987, p. 29
  16. Fritsch-Bournazel, Renata, Confronting the German Question: Germans on the East-West Divide, Berg Publishers, 1990, ISBN 0-85496-684-6, bl. 143
  17. Gaddis 2005, p. 34
  18. Miller 2000, pp. 180–81
  19. 19,0 19,1 Dowty 1989, p. 121
  20. Harrison 2003, p. 240-fn
  21. Harrison 2003, p. 98
  22. Harrison 2003, p. 99
  23. Wiegrefe, Klaus (29 Mei 2009). "Mauerbau: "Wir lassen euch jetzt ein, zwei Wochen Zeit"" (in Duits). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2019 – via Spiegel Online.
  24. "Transcript of the telephone call between Khrushchev and Ulbricht on August 1, 1961" (in Duits). Welt.de. 30 Mei 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2019. Besoek op 6 Augustus 2011.
  25. Sebetsyen, Victor (2009). Revolution 1989: The Fall of the Soviet Empire. New York City: Pantheon Books. ISBN 0-375-42532-2.
  26. Volgens Hagen Koch, 'n voormalige offisier van die DDR-veiligheidsdiens (Staatssicherheit), in Geert Mak se dokumentêrreeks In Europa, aflewering op 1961 – DDR Geargiveer 9 Februarie 2021 op Wayback Machine, 25 Januarie 2009
  27. "Chronik der Mauer – Bau und Fall der Berliner Mauer | Opfer der Mauer" (in Duits). Chronik-der-mauer.de. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Maart 2016. Besoek op 6 Augustus 2011.
  28. Kempe, Frederick (2011). Berlin 1961. Penguin Group (USA). pp. 363–367. ISBN 0-399-15729-8.
  29. Handbuch Deutsche Demokratische Republik. Jubil?umsausgabe 1984. Tweede hersiene uitgawe. Leipzig: VEB Bibliographisches Institut Leipzig 1983, bl. 199
家里为什么突然有床虱 肺看什么科室 子宫动脉阻力高是什么引起的 5月3日什么星座 地龙是什么东西
吃什么去湿气最好最快 止血芳酸又叫什么 10月30日什么星座 秦二世叫什么名字 口差念什么
蛀牙的早期症状是什么 天荒地老什么意思 hcg下降是什么原因 做梦坐飞机是什么意思 热毒是什么
舌头上有红点点是什么原因 小学教师需要什么学历 什么情况吃通宣理肺丸 梦见死人是什么 男蛇配什么属相最好
赵云的武器叫什么0735v.com 戴帽子是什么意思hcv8jop4ns0r.cn 羊字五行属什么hcv8jop3ns3r.cn 松鼠尾巴有什么作用hcv8jop1ns7r.cn 小肠换气什么症状hcv9jop2ns0r.cn
小腹痛挂什么科hcv7jop6ns3r.cn 六月份适合种什么蔬菜hcv9jop7ns5r.cn ip什么意思hcv8jop3ns0r.cn 奥美拉唑治什么胃病aiwuzhiyu.com 胃胀反酸吃什么药sanhestory.com
荨麻疹是什么hcv8jop8ns1r.cn 减肥晚餐吃什么好hcv8jop7ns6r.cn 腺病是什么意思hcv7jop9ns5r.cn 辣眼睛是什么意思hcv9jop7ns5r.cn 7月11日是什么日子hcv8jop5ns6r.cn
大腿根部是什么部位hcv9jop7ns3r.cn rag是什么hcv8jop0ns7r.cn 什么是基础病hcv9jop2ns3r.cn 母亲节是什么时候bjcbxg.com 左手虎口有痣代表什么hcv7jop4ns5r.cn
百度