注意!网购退货新骗局 卡里没钱仍被骗近万元
Voorkoms
1960 |
? | 19de eeu | ?20ste eeu? | 21ste eeu | ?
百度 楼盘规划你只能看三分,买着了能升值是运气,买错了就是居住的房子甚至可能会后患无穷。
? ? | ? | 1955 | 1956 | 1957 | 1958 | 1959 | ? 1960 ? | 1961 | 1962 | 1963 | 1964 | 1965 | ? | ? ? |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1960 |
![]() | ||||||||||||||||||||||
![]() | ||||||||||||||||||||||
Jaar van Afrika: 17 lande van Afrika verkry hulle onafhanklikheid. | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1960 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 60ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1 Januarie – Kameroen word van Frankryk onafhanklik.
- 4 Januarie – Denemarke, Noorwe?, Oostenryk, Portugal, Swede en die Verenigde Koninkryk stig die Europese Vryhandelsvereniging.
- 7 Januarie – Die Hirfanlidam in Turkye, die grootste nog in Europa, word ingewy.
- 21 Januarie – Die Coalbrook-ramp: 435 mense sterf in die steenkoolmyn by Sasolburg.
- 24 Januarie – Nege polisielede word vermoor deur 'n gepeupel by Cato Manor in KwaZulu.
- 23 Januarie – Die onderwatertuig Trieste bereik die rekorddiepte van 10 916 m in Challenger Deep van die Marianatrog.
- 18-28 Februarie – Die agste Olimpiese Winterspele word in Squaw Valley, Verenigde State van Amerika, aangebied.
- 21 Februarie – Fidel Castro nasionaliseer alle privaatondernemings in Kuba.
- 29 Februarie – 'n Aardbewing verwoes die Marokkaanse stad Agadir.
- 10 Maart – Die Milnertonvuurtoring word in gebruik geneem.
- 11 Maart – Die Amerikaanse ruimtetuig Pioneer 5 word lanseer.
- 17 Maart – Die Suid-Afrikaanse Polisie skiet tientalle mense in Sharpeville.
- 23 Maart – Nikita Chroesjtsjof besoek die Franse hoofstad Parys.
- 21 April – Brasília, die nuwe hoofstad van Brasili?, word amptelik ingewy.
- 27 April – Togo word van Frankryk onafhanklik.
- 1 Mei – Francis Gary Powers, in ’n U-2 spioeniervliegtuig, word afgeskiet oor die Sowjetunie en die U-2 Krisis begin.
- 9 Mei (Moedersdag) – In die VSA word die eerste voorbehoedpil, Enovid, goedgekeur vir gebruik.
- 11 Mei – Die hooggeplaaste Nazi-funksionaris Adolf Eichmann word in Argentini? deur die Isra?liese geheime diens Mossad gekaap.
- 22 Mei – ’n Aardbewing en tsoenami verwoes groot dele van Chili.
- 3 Junie – Die besonderse Olifantskamp in die Krugerwildtuin amptelik geopen.
- 20 Junie – Die Mali-Federasie word van Frankryk onafhanklik.
- 26 Junie – Madagaskar word van Frankryk onafhanklik.
- 28 Junie – VS-olierafinaderye in Kuba genasionaliseer.
- 30 Junie – Die Belgies-Kongo verkry sy onafhanklikheid van Belgi?.
- 1 Julie – Somali? word onafhanklik.
- 20 Julie – Ceylon verkies Sirimavo Bandaranaike as Eerste Minister, die wêreld se eerste verkose vroulike regeringsleier.
- 20 Julie – Die Amerikaanse kernaangedrewe duikboot, USS George Washington lanseer die eerste ballistiese missiel.
- 29 Julie – Die Mercury-kapsule word vir die eerste keer gelanseer as deel van die Mercury-Atlas 1-sending.
- 1 Augustus – Benin word van Frankryk onafhanklik.
- 2 Augustus – Rawalpindi vervang Karatsji as die hoofstad van Pakistan.
- 3 Augustus – Niger word van Frankryk onafhanklik.
- 5 Augustus – Burkina Faso word van Frankryk onafhanklik.
- 7 Augustus – Die Ivoorkus word van Frankryk onafhanklik.
- 8 Augustus – 'n Militêre staatsgreep in Laos.
- 11 Augustus – Tsjad word van Frankryk onafhanklik.
- 13 Augustus – Die Sentraal-Afrikaanse Republiek word van Frankryk onafhanklik.
- 15 Augustus – Die Republiek van die Kongo word van Frankryk onafhanklik.
- 16 Augustus – Siprus word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 16 Augustus – Excelsior-projek: Joseph Kittinger spring op 31 330 meter (102 800 voet) met 'n valskerm uit 'n ballon bo Nieu-Meksiko en stel wêreldrekords op in: ho?-hoogtesprong, vryvalhoogte en vinnigste spoed deur 'n mens sonder 'n vliegtuig.
- 17 Augustus – Gaboen, die laaste van die vier gebiede waaruit die voormalige Frans-Ekwatoriaal-Afrika bestaan het, word onafhanklik.
- 20 Augustus – Senegal skei van die Mali-Federasie.
- 25 Augustus-11 September – Die 17de Olimpiese Somerspele word in Rome, Itali?, aangebied.
- 10-14 September – Die OPUL word deur Irak, Iran, Koeweit, Saoedi-Arabi? en Venezuela in Bagdad gestig.
- 18-25 September – Die eerste Paralimpiese Somerspele word in Rome, Itali?, aangebied.
- 22 September – Die Mali-Federasie word hernoem na Mali.
- 1 Oktober – Nigeri? word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 28 November – Mauritani? word van Frankryk onafhanklik.
- 14 Desember – Belgi?, Denemarke, Duitsland, Frankryk, Griekeland, Ierland, Itali?, Kanada, Luxemburg, Nederland, Noorwe?, Oostenryk, Portugal, Swede, Spanje, Switserland, Turkye, Verenigde Koninkryk, Verenigde State van Amerika en Ysland stig in Parys die OESO.
- 15 Desember – Huwelik van Koning Boudewyn van Belgi?.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- datum onbekend – Kazushi ōno, Japannese dirigent.
- 1 Januarie – Mohamed Bazoum, 10de president van Niger.
- 22 Januarie – Michael Hutchence, Australiese sanger (? 1997).
- 26 Januarie – Ulf Bengtsson, manstafeltennisspeler (? 2019).
- 30 Januarie – Chen Xinhua, Chinese, later Engelse manstafeltennisspeler.
- 19 Februarie – Prins Andrew, Hertog van York.
- 20 Februarie – Fayez al-Sarraj, Premier van die regering van die nasionale akkoord (GNA) van Libi?.
- 9 Maart – Finn Carter, Amerikaanse aktrise.
- 13 Maart – Joe Ranft, Amerikaanse skrywer, animeerder en akteur. (? 2005).
- 21 Maart – Ayrton Senna, Brasiliaanse renjaer (? 1994).
- 27 Maart – Johannes Kerkorrel, Afrikaanse musikant (? 2002).
- 29 Maart – Jo Nesb?, Noorse skrywer en musikus.
- 29 Maart – Annabella Sciorra, Amerikaanse aktrise.
- 4 April – Hugo Weaving, Engelse akteur.
- 11 April – Jeremy Clarkson, Britse joernalis.
- 14 April – Ian Wessels, Suid-Afrikaanse omroeper op RSG (? 2021)
- 15 April – Filip van Belgi?, sewende koning van Belgi?.
- 15 April – Collins Chabane, Suid-Afrikaanse minister van openbare dienste en administrasie (? 2015).
- 28 April – Ian Rankin, Skotse skrywer.
- 30 April – Beata Po?niak, Amerikaanse aktrise.
- 4 Mei – Raymond Zondo, adjunkhoofregter van Suid-Afrika.
- 8 Mei – Toby Chance, Britsgebore Suid-Afrikaanse parlementslid vir die DA.
- 24 Mei – Kristin Scott Thomas, Britse aktrise.
- 24 Junie – Carel du Plessis, Springbokrugbyspeler en -afrigter.
- 8 Julie – Yann LeCun, Franse rekenaarwetenskaplike.
- 15 Julie – Willie Aames, Amerikaanse akteur, skrywer, en regisseur.
- 17 Julie – Dawn Upshaw, Amerikaanse sopraan.
- 7 Augustus – David Duchovny, Amerikaanse akteur.
- 8 Augustus – Henning Pieterse, Afrikaanse skrywer en digter.
- 10 Augustus – Antonio Banderas, Spaanse akteur.
- 12 Augustus – Cameron Mackenzie, Suid-Afrikaanse politikus en parlementslid van die DA (? 2021).
- 17 Augustus – Sean Penn, Amerikaanse akteur.
- 25 Augustus – David Mabuza, ANC-politikus en agtste adjunkpresident van Suid-Afrika (? 2025).
- 30 Augustus – Ely Pouget, Amerikaanse aktrise.
- 31 Augustus – Hassan Nasrallah, Libanese geestelike en die sekretaris-generaal van Hezbollah (? 2024).
- 14 September – Anthony Addabbo, Amerikaanse akteur (? 2016).
- 17 September – Damon Hill, Britse Formule Eenrenjaer, wêreldkampioen in 1996.
- 22 September – Isaac Herzog, Israelse advokaat en politikus (president sedert 2021).
- 5 Oktober – Dan Plato, Provinsiale Minister van Sosiale Ontwikkeling in die Wes-Kaap en burgemeester van Kaapstad.
- 9 Oktober – Rob Hersov, Suid-Afrikaanse entrepreneur.
- 18 Oktober – Jean-Claude Van Damme, Belgiese akteur en rolprentvervaardiger.
- 30 Oktober – Diego Maradona, Argentynse sokkerspeler en -afrigter (? 2020).
- 31 Oktober – Reza Pahlavi, Iranse politikus en opposisieleier.
- 4 November – Gys de Villiers, Suid-Afrikaanse akteur.
- 3 Desember – Julianne Moore, Amerikaanse aktrise.
- 10 Desember – Kenneth Branagh, Noord-Ierse akteur en filmregisseur.
- 19 Desember – Mike Lookinland, Amerikaanse akteur.
- 22 Desember – Jean-Michel Basquiat, Amerikaanse kunstenaar (? 1984).
- 23 Desember – Zindziswa Mandela, ANC-politikus en derde dogter van Nelson Mandela (? 2020).
- 28 Desember – Chad McQueen, Amerikaanse akteur en vervaardiger.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 4 Januarie – Albert Camus, Franse skrywer en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde, 1957 (* 1913).
- 24 Januarie – Edwin Fischer, Switserse pianis en dirigent (* 1886) .
- 9 Februarie – Ern? Dohnányi, Hongaarse komponis, pianis en dirigent (* 1877).
- 1 Maart – Al Thompson, Amerikaanse akteur (* 1884).
- 16 Maart – Nicolaas de Wet, Suid-Afrikaanse politikus, waarnemende goewerneur-generaal en hoofregter (* 1873).
- 1 April – Piet Bakker, Nederlandse skrywer en joernalis (* 1897).
- 28 April – Otto du Plessis, dinamiese leier op kulturele en politieke gebied (* 1907).
- 7 Mei – D.B. Bosman, Afrikaanse taalkundige (* 1888).
- 8 Mei – Hugo Alfvén, Sweedse komponis en dirigent (* 1872).
- 30 Mei – Boris Pasternak, Russiese skrywer en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde, 1958 (geweier) (* 1890).
- 31 Mei – Willem Elsschot, Vlaamse skrywer en digter (* 1882).
- 13 Junie – Kenneth McArthur, Suid-Afrikaanse maratonatleet (* 1881).
- 16 November – Clark Gable, Amerikaanse akteur (* 1901).